Bobby keer terug na die verhoog

Yandi Du Plessis
Na ʼn afwesigheid van vier jaar is Bobby van Jaarsveld terug op die verhoog en opgewonde om Windhoek te besoek!

Namibiërs kan hom op Vrydag 2 Junie in lewende lywe sien by die NG Kerk in Pionierspark se kerksaal.

Bobby het natuurlik geen bekendstelling nodig nie, selfs al het hy lanklaas ʼn draai op die verhoog gemaak. kykNET-kykers het sy vernuf as akteur waargeneem in die onlangse reeks, Spoorloos. Hy is natuurlik ook bekend vir sy akteursrolle in flieks soos Liefling en As Jy Sing. Bobby was ook geliefd in sy rol as aanbieder en afrigter van The Voice.

As sy musiek jou nie geval nie, kom kyk dan maar net na Cosmopolitan 2011 se “sexyste man”. . .

Natasha van der Merwe, bekend as Susan van Suidooster, stel haar nuwe enkelsnit vry tydens die voorvertoning op Vrydagaand.

Die nostalgiese en opbeurende liedjie beklemtoon die belangrikheid daarvan om nie met minder as wat jy verdien tevrede te wees nie, en is die tweede voorsmakie van haar debuut-kortalbum wat na verwagting in Februarie 2024 vrygestel word.

Natasha tree ook op by ʼn spesiale intieme vertoning op 1 Junie by die Windhoek Buitekluboord en ʼn gesinskuier op 3 Junie by Out of Nature Country Lodge.

Kaartjies vir al drie geleenthede is beskikbaar by www.webtickets.com.na of by die deure:

*1 Junie – Natasha van der Merwe – N$200

*2 Junie – Bobby van Jaarsveld en Natasha van der Merwe

- Goue sirkel - N$350

- Algemene toegang: Volwassenes – N$250 (N$300 by deure)

- Algemene toegang: Laerskoolkinders – N$150

Verversings (sop, kerrie en rys, koffie, warm sjokolade en wyn) sal Vrydagaand te koop wees.

*3 Junie – Natasha van der Merwe – Gesinskuier (etes en aktiwiteite ingesluit):

- Volwassenes – N$450

- Kinders (ouderdom 3 - 12 jaar) – N$170

Hierdie geleentheid word moontlik gemaak met die samewerking tussen MR Entertainment en Netwerk Namibië, met Belvedere Boutique Hotel, Kanaal 7, Kosmos 94.1, Out of Nature Country Lodge, Utopia Boutique Hotel en Windhoek Buitekluboord as borge.

Enige navrae kan gerig word aan 081 288 2886.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!