'Boere Bahamas brand'
Namibië se Boere Bahamas en voormalige Dorp van die Jaar is (dalk) eersdaags vir meer bekend as ’n waterglybaan, raakrugby, rooi aas en hengel. ’n Plasing op sosiale media oor die moontlike opwagting van volwasse vermaak op Hentiesbaai het die spreekwoordelike roering in die riete (of litte) veroorsaak.
Op Hentiesbaai Gesels het ’n inwoner van die sluimerende vakansiedorp laat weet alles is goedgekeur om die “lang verwagte en opwindende besigheid” met die gepaste naam “Chic en Dix's Adult Entertainment” op ’n duin sy (of haar) verskyning te laat maak. Hoewel harde werk nog voorlê vir die opening, is die hemelse belofte reeds daar dat dit vir “almal bo 25 baie opwindend” gaan wees. Die opwinding gaan na bewering veroorsaak word deur ’n paar “goeie opgeleide dansers”, mans én vroue, wat darem al op die besigheid se boeke is. Ook reeds op die boeke en baie belangrik is “bar manne en bouncer’s”. ’n Gerusstelling vir voornemende kliënte en die vermaakverskaffers is dat die “sekuritiet” darem ook besig is om goed te vorder. Vir die met drome en potensiaal as vermaaklikheidster, is daar die belofte van nog vakante poste wat gevul moet word. Natuurlik met die nodige diskresie.
Terwyl sommige die beloofde volwasse vermaak as ’n hupstoot vir die dorp se geldkas sien, het ander gewonder watter ernstige gevolge dit op die liggaam en siel van veral dié inwoners gaan hê wat reeds verby sestig met die hulp van ’n kierie of ’n looproom oor die weg moet kom. “Nou gaan die ooms eers krom loop en die tannie gaan permanent deur die gordyne loer,” lui 'n kommentaar op Facebook.
’n Ander maan beloftes maak skuld en dit is net wat die dorp nodig het, waar “almal met lang gesigte loop” en kla en kerm, veral nadat ’n gewilde inkoopsentrum en “hoofslagaar” afgebrand het. Een pleit vir “girls” wat mooi en liefdevol is met baie persoonlikheid, terwyl nog een hand opsteek vir “seisoenkaartjies”.
Buiten ’n hupstoot vir nuwe sake, was baie dit eens die deur is dan sommer ook oop vir van ’n prokureur (“baie egskeidings op pad"), klerewinkels tot die ambulans, met natuurlik die hoop dat die “munisipale begraafplaas ge-'skip’” word.
Die teenkanters het gemaan “die koms van Christus” is naby en dat Hentiesbaai hom (haar) in die tyd van Openbaring bevind waartydens “baie mense die vleeslike bo die geestelike” verkies. “Klomp satansperms” het ’n ander gesê, want as “mens nie jou kleinkinders na 'n plek toe kan vat nie, is dit korrup.”
Of “Pêntiesbaai weer op die mêp gaan kom”, die grondpad Spitzkoppe verby na Hentiesbaai nou vinniger in teer gaan verander en of die wens vir eerder ’n inryteater bewaarheid gaan word, sal die dorp (en die land) maar moet sien.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie