'Boogeyman' spook jare reeds by Grappi
Die gewilde plaaslike sanger Jaco (Grappi) Claassens, wat ook onder die verhoognaam Jacob & Taylor optree, stel vroeg volgende maand sy nuutste enkelsnit “Boogeyman” met ’n musiekvideo vry.
Hy sê dit is die eerste van ses enkelsnitte wat oor die komende maande vrygestel sal word, voor sy aanhangers met nuwe musiek trakteer sal word.
“Ons wil in die komende maande elke maand ’n nuwe liedjie met ’n video vrystel en met die sesde een wil ek ’n volledige album met 13 liedjies bekendstel,” het hy gesê.
Claassens deel die unieke oorsprong van “Boogeyman”.
“Ek het in Pretoria gebly en ek wou saam met ’n groep vriende ’n nuwe musiekvenue – in ’n ou kasteel – oopmaak.
“Hierdie was werklik een van daardie ou kastele wat jou ’n rilling gee wanneer jy daar instap. Ek het besluit om die blues-liedjie te skryf as kenwysie vir die venue.”
Hoewel “Boogeyman” jare lank reeds op Claassens se speellys en bekend onder sy aanhangers is, sê Claassens dit sou nooit ’n volwaardige liedjie geword het sonder ’n medemusikant se aanmoediging nie.
“Adam Brandon-Kirby het nog altyd my musieksmaak gedeel en hy het gevra of ek dit wil opneem. So het ons binne ’n week die liedjie met ’n paar verse verleng en Adam het dit in sy tuisstudio opgeneem,” het hy gesê.
Die volledige studioweergawe van “Boogeyman” spook volgens Claassens al lank by hom, maar hy sê die musiekvideo wat deur Riaan Smit opgeneem en geredigeer is, het eers onlangs op sy radar verskyn.
“Ek het nooit daaraan gedink om ’n musiekvideo te maak nie,” het hy gesê.
“Boogeyman” sal op 10 Februarie op alle stromingsplatforms beskikbaar wees.
Die klanke van Jacob & Taylor kan op 4 Februarie by die Windhoek Indie Musiekfees saam met Lin-Mari, Riaan Smit en The Yesterday geniet word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie