Cantare Audire bring Kersklanke na verhoog
Die Cantare Audire-koor bied binnekort ’n uitvoering van Camille Saint-Saëns se Oratorio de Noël vir die 2023-feestyd aan.
Dié werk word saam met die soliste Emily Dangwa, Gretel Coetzee, Daphne Mupupa, Jacques du Preez en Eslon Hindundu, orreliste, strykkunstenaars en harpspelers onder leiding van die Suid-Afrikaanse dirigent Xavier Cloete uitgevoer. Die koor sal ook ’n verskeidenheid klassieke Kerssnitte uitvoer met Martina Visser as dirigent.
Die koor is in 1972 deur wyle Ernst van Biljon gestig en het vir die eerste keer in die NG Moederkerk opgetree as deel van ’n Kerskonsert wat deur die Namibiese Kollege van die Kunste (Cota) gehou is.
Cantare Audire, wat “om te sing en te luister” beteken, het in 1984 internasionale aansien na Namibië gebring toe die koor die eerste prys vir gemengde kore by die Llangollen Musical Eisteddfod in Wallis gewen het.
Hulle het al baie toere onderneem na onder meer Oostenryk, Egipte, Frankryk, Duitsland, Hongarye, Amerika, Skandinawië en Suid-Afrika.
In 2010 het Cantare onder die naam Voices of Namibia aan die Wêreldkoorspele in China deelgeneem en ’n goue en twee silwer medaljes teruggebring.
Cantare Audire het oor die jare verskeie a cappella-konserte oraloor Namibië aangebied, en veral hul Paas- en Kerskonserte het baie gewild in Windhoek geword. Hulle het dikwels saam met orkeste en soliste opgetree om werke soos Händel se Messias, Mozart se Requiem, Haydn se Die Schöpfung, Beethoven se Mis in C en mees onlangs, Vivaldi se Gloria op die planke te bring.
Die Kerskonsert vind eerskomende Vrydag en op Sondag 3 Desember om 19:00 by die NG Kerk in Pionierspark plaas. Kaartjies is by KuduKey beskikbaar en sal ook by die deur by vertonings verkoop word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie