Die Cantare Audire-koor sal voorts weer gereeld optree. Foto verskaf
Die Cantare Audire-koor sal voorts weer gereeld optree. Foto verskaf

Cantare Audire weer reg om 'te sing en luister'

Hoopvolles kan oudisies aflê
Ná ’n wyle van stilte het die Cantare Audire-koor onlangs ’n tweede asem gekry en sal voorts weer gereeld optree.

Die koor is in 1972 deur wyle Ernst van Biljon gestig en het vir die eerste keer in die NG Moederkerk opgetree as deel van ’n Kerskonsert wat deur die Kollege van die Kunste (Cota, destyds die Konservatorium) aangebied is.

Cantare Audire, wat beteken “om te sing en te luister”, het in 1984 vir die eerste keer internasionale aansien na Namibië gebring toe die koor die eerste prys vir gemengde kore by die Llangollen Musiekeisteddfod in Wallis gewen het.

Die koor was die eerste multikulturele groep wat Namibië in die buiteland verteenwoordig het en het ná hul sukses talle toere na onder meer Oostenryk, Egipte, Frankryk, Duitsland, Hongarye, Amerika, Skandinawië en Suid-Afrika onderneem.

In 2010 het die koor as Voices of Namibia aan die Wêreldkoorspele in China deelgeneem en een goue en twee silwer medaljes huis toe gebring.

Deur die jare het Cantare Audire al menige a cappella-konserte oraloor Namibië gehou, en veral hul Paas- en Kerskonserte was baie gewild in Windhoek.

Hulle het gereeld saam met orkeste en soliste opgetree om komposisies soos Händel se Messiah, Mozart se Requiem, Haydn se Die Schöpfung en, meer onlangs in November 2021, Beethoven se Mass in C op die planke te bring.

Die koor se toekomsplanne sluit in konserte teen die einde van dié jaar en ’n optrede met ’n orkes vroeg in 2023.

Vakante posisies bestaan nog vir tenore en basse. Belangstellende sangers is welkom om die huidige musiekdirekteur, Martina Visser, by 081 127 5851 of die sekretaresse, Christina Werner, by 081 124 4373 te kontak.

Ledegeld beloop N$100 per maand. Repetisies vind elke Dinsdag van 18:30 tot 20:00 plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!