Foto verskaf
Foto verskaf

Coppélia bekoor gehore

Iréne-Mari van der Walt
Die ZR Ballet Studio se Coppélia-ballet wat vanaf 29 tot 31 Augustus in die hoofstad opgevoer is, was ’n reusesukses met 60 studente wat aan die produksie deelgeneem en stampvol gehore gelok het.

“Die tydlose verhaal van Coppelia word ingekleur met besonderse kunsvaardigheid en presisie, en het wydverspreide lof gekry van gehore wat deur die optrede betower is,” het ZR Ballet Studio in ’n verklaring gesê.

Coppélia is ’n balletopvoering wat oorspronklik in 1870 deur Arthur Saint-Léon gechoreografeer is op die musiek van Léo Delibes. Die teks is deur Louis-Étienne Nuitter behartig.

Die opvoering volg die karakter Franz. Hy is verloof aan Swanilda, maar hy het sy oog op die geheimsinnige meisie wat op die balkon van dr. Coppélius se huis sit. Franz besef nie dat sy ’n pop is wat die speelgoedmaker probeer lewend maak nie en wanneer Swanilda en haar vriende by die dokter se werkwinkel insluip, lyk dit of hy in sy doel geslaag het. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!