Dansers mik vir internasionale verhoog
Dit was ’n aand van glans en musiek op Okahandja met optredes deur van Namibië se voorste kunstenaars ten bate van agt dansers van dié dorp wat gekies is om die land tydens ’n internasionale kompetisie te verteenwoordig. Connect Dance Studio se Night @ the Theatre het gedien as ’n geldinsameling vir die dansers wat gekwalifiseer het vir deelname aan die internasionale danskompetisie wat in September deur die International Fine Arts Association (IFAA) in Mauritius gehou word. Deel van die glansaand was buiten vir optredes deur die Namibiese kunstenaars Vaughn Ahrens, Lize Visser en Ricki G, ook verskeie plaaslike talent wat hul buiging op die verhoog gemaak het. Die koste vir deelname in Mauritius is sowat N$32 000 per danser, met verdere geldinsamelings wat onder meer ’n gelukstrekking insluit. Vir meer inligting en navrae kan Jenneke Kock, eienaar en dansinstrukteur van Connect Dance Studio by 081 246 5487 gekontak word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie