Dansskool beloof towertapyt-reis vir teatergangers

Die Anchen Wille Dance Academy lewer al vir die afgelope 20 jaar suksesvolle uitvoerings van produksies soos Decade of Dance, Disney Dance Magic, Willy Wonka and the Chocolate Factory en, meer onlangs, The Greatest Musicals in volgepakte teaters op.

Ná die verhoog- en teaterbedryf die afgelope jare deur rowwe waters is met die pandemie en gepaardgaande maatreëls, skud dié dansakademie nou weer sy vere reg om die storie van Aladdin op die verhoog te laat leef.

Sowat 300 dansstudente tussen die ouderdomme van 5 en 21 is by dié produksie betrokke wat vanaf 3 tot 12 Maart in die Nasionale Teater (NTN) opgevoer sal word.

Volgens Anchen Wille, die eienaar van die dansakademie, sien al 300 dansers al baie lank uit na hierdie produksie.

“Ons het al van verlede jaar af begin voorberei, maar weens Covid moes dit elke keer uitgestel word. Die kinders het regtig die verhoog en gehoor gemis en hulle kan nie wag om weer hulle talente te wys en die pragtige kostuums aan te trek nie.

“Ek glo die gehoor is ook baie opgewonde om vir ’n slag teater toe te gaan en ’n uitvoering soos dié te geniet!”

Dié rekordgetal van agt opvoerings sal dans en drama kombineer om teatergangers op die punt van hul stoele te hou.

Volgens Anchen sal meer as 500 kostuums en 28 choreografiestukke in Aladdin te sien wees.

Dis die eerste keer in twee jaar wat die teater ’n vol ouditorium kan akkommodeer.

“Die Anchen Wille Dance Academy bedank die publiek vir jul ondersteuning en kan nie wag om jou by die teater te sien nie!”

Kaartjies is by Waltons in die Auas Valley-inkoopsentrum teen N$180 beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!