Deel in dié 'gesteelde oomblikke'
‘n Multimedia-uitstalling getiteld Stolen Moments - Namibian Music History Untold open môre (Vrydag) om 15:00 by die Onafhanklikheidsgedenkmuseum in die hoofstad.
Stolen Moments is ‘n gesamentlike projek tussen die Nasionale Museum, die Werkstatt Ökonomie Kirchliche Arbeitsstelle Südliches Afrika (Kasa) en die Universiteit van Bayreuth in Duitsland.
Die uitstalling is 'n viering van die verhale van Namibië se onbesonge musiekhelde. Dit bied ‘n blik op die Namibiese ondergrondse popkultuur van die 1950’s tot die laat 1980’s - 'n tydperk van die ergste jare van rassediskriminasie onder die Suid-Afrikaanse apartheidsregime wat op Duitse kolonialisme gevolg het.
Die uitstalling word saamgestel deur Namibiese vakkundiges en medevervaardig deur ‘n internasionale groep kunstenaars, filmmakers en fotograwe. Die uitstalling bestaan uit ‘n uitgebreide foto-versameling, ‘n videoprojeksie van 120 minute wat besoekers terugneem na die dansstyle van die 1950’s tot 80’s, 13 luisterstasies met Namibië se musieklegendes op die speellys, ‘n klankinstallasie met ‘n seleksie van meer as 100 uur se onderhoude met musikante, ‘n groot versameling plateomslae en musiekmemorabilia wat Namibië se onderverteenwoordigde musikale subkulture profileer.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie