Die blues se hart en siel gevier
Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) is die gasheer van ’n Namibiese Blues All Stars-liefdadigheidskonsert waartydens die land se mees gevierde blues-musikante hul buiging op die verhoog maak. Die musikale reis deur die hart en siel van die blues vind môre plaas, met musikante soos Rick Corey, Jacob & Taylor, Lin-Mari, Arthur Black, Vaughn Ahrens, Sagarias Tsam, Thomas Bokemüller, Riaan Smit, Christoph Chavonnes Vrugt, Misael Lehto en Gareth Harvey wat vir ’n onvergeetlike aand gaan sorg.
Die blues-reis is ten bate van LifeLine/ChildLine Namibia wat onder meer hande met die regering vat om die fokus op kinderbeskerming te plaas, sowel as maatskaplike kwessies en geestesgesondheid.
Die konsert word deur die FNCC in samewerking met RMB en die Verenigde Nasies (VN) na die verhoog gebring.
Kaartjies is slegs op WebTickets teen N$100 per persoon beskikbaar en die konsert skop om 19:00 by die FNCC af. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie