'Die gesig van liefde'
Uitstalling open 2 Junie
The Power of Love, 'n versameling van beeldhouwerke deur Kudzanai Katerere, word vanaf volgende week by die Bellhaus Atelier and Galerie (Bellstraat 18) in Windhoek uitgestal.
Die bekroonde en internasionaal erkende kunstenaar keer terug na Windhoek om sy nuwe werke in hierdie solo-uitstalling ten toon te stel.
Katerere is in Zimbabwe gebore en word beskou as een van die min derdegenerasie Shona-beeldhouers wat getrou gebly het aan die etos van die groot meesters van die klipbeeldhoubeweging. Dit in die manier waarop hy die interaksie tussen mens en natuur uitbeeld.
“In krisistye wat oor die hele wêreld gebeur, byvoorbeeld pandemies en oorloë, het ek baie dinge geleer. Ek het ontdek liefde is 'n ware wapen wat mense tot herstel kan lei. As kunstenaar laat ek hiermee my beeldhouwerke namens my praat,” verduidelik Kudzanai die inspirasie agter sy beeldhouwerke en die titel van die uitstalling.
Een van die groter, treffende beeldhouwerke in die uitstalling is van 'n man wat 'n hond dra. “Ek het baie na die dekking van die Oekraïense oorlog op die nuus gekyk en ek het soveel mense sien vlug met honde en ander troeteldiere in hul arms. Dit is liefde.”
Op die vraag wat hy deur hierdie uitstalling wil bereik, is sy antwoord inspirerend, suiwer en aangrypend: “Om in ’n wêreld te leef wat elke dag verander, ekonomies, fisiek en geestelik; moet ons saam met een stem praat om die wêreld se frustrasies, mislukkings en geweld te verminder. Ek laat my kuns toe om vanself tot die mense en die gemeenskap te spreek.”
Die gesigte van sy beeldhouwerke lyk anders as dié van die tradisionele Shona-beelde. Dit is die gesig van liefde, sê hy; 'n visioen wat in 'n droom na hom gekom het. Die wange is geronde vierkante. Die lippe pruil prominent. Hulle lyk soos liefde. En as jy dit eers sien, kan jy nie wegkyk nie.
Die uitstalling open op 2 Junie om 18:00 en kan tot 14 Julie besigtig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie