Die huis van Love and Fury'
Skarrel om stukkies bymekaar te hou
Sy wou nog altyd 'n ruimte skep waar mense en vroue veilig voel en graag wil besoek.
Die skrywer Margie Orford het by die Namibiese bekendstelling van haar memoires, Love and Fury, gesê sy beskou die boek as 'n ˊn huis waarin sy hoop om haar lesers veilig en tuis te laat voel.
"My dogters het een van die huise waarin ons gewoon het altyd beskryf as ˊn huis vir verlore meisies. Ek wou nog altyd ˊn ruimte skep waarin mense en vroue kan veilig voel om na toe te gaan," het sy in gesprek met haar vriendin Kate Burling gesê.
Die boek, ˊn samevatting van grepe uit haar lewe soos ˊn ontmoeting met 'n berugte bendeleier in Mitchells Plein asook haar werk as joernalis en skrywer, werp volgens Orford ˊn lig op die tweestryd tussen haar smagting na 'n gesin en haar
feministiese beginsels wat vroue se onafhanklikheid hoog ag.
"Daar is ˊn gruwel en ˊn kloustrofobie in ˊn huishoudelike bestaan, maar daar is ˊn dualiteit en kompulsie daaraan. Ek is ook lief daarvoor om ˊn gesin te hê. Ek kon die twee nie bymekaar bring nie," het sy gesê.
Margie vertel sy het voor die samestelling van Love and Fury reeds outobiografiese materiaal vir ˊn literêre tydskrif in Engeland geskryf. Sy egter eers na haar egskeiding in 2018 aan 'n outobiografie begin werk.
"Daar was ˊn breek in myself en in my lewe. Ek het geskei, ons het die huis verloor waarin ons gebly het. Dit was soos wanneer jy jou handsak laat val en skarrel om al die stukkies so gou as moontlik weer bymekaar te kry - van die stukkies wat jy hoop niemand sal ooit sien nie. Ek het geskryf om myself weer aan mekaar te sit - ek het nooit gedink enigiemand sou dit lees nie," sê Margie.
Volgens haar het die boek haar gehelp om sin te maak van die skerwe van haar lewe.
"Ek skryf al my hele lewe lank - my manier van dink is nog altyd gevorm deur te skryf, vandat ek baie klein was. Dit het my gehelp om die wêreld te verstaan en om ˊn ogie te hou oor my vyande. Ek kon nog nooit ˊn wrok teenoor iemand hou nie. Ek onthou toe ek klein was, het my ma my een keer wakker gemaak en gevra wat was fout. Toe was daar ˊn nota langs by bed wat sê 'onthou om in die oggend vir ma kwaad te wees!'."
Oor haar ontmoeting met die bendeleier in Mitchells Plein sê sy dié voorval het haar opnuut laat dink oor wat mense, veral mans, daartoe lei om ander leed aan te doen.
"Iets het hulle so gemaak. As jy kyk na elke klein seuntjie - hulle is almal wonderlik - wat gebeur tussenin met hulle dat hulle so uitdraai? Die mag wat mense soos hy het, is ˊn vorm van mag wat die uiterste stilte van ander vereis. Dit het vir my duidelik geword dat hy dit nie kon oorweeg wat dit vir hom was om ˊn seun te wees nie. Hy moes sulke dele van homself verwerp," het Margie vertel oor voorval tydens haar besoek waartydens die man se kind na hom uitgeroep het en sy ma haar hand oor sy mond gesit het om hom te keer, voor sy hom stilletjies uit die vertrek verwyder het. Die man het volgens Margie geen emosie teenoor sy seun getoon nie.
Tydens haar onderhoude met verskeie misdadigers het Margie ˊn skaamteloosheid in dié tipe mans opgemerk.
"Dit het my getref hoe hulle oor dit gepraat het. Hulle het dit vir jou vertel soos hulle jou oor die res van hul dag sou vertel. Vir hulle is dit 'ek het opgestaan en my ma gebel en met my vriende gaan sokker speel en ˊn vrou verkrag en toe weer met my vriende gaan kuier'," het sy gesê. Sy beskou mans nie as boosdoeners nie, maar eerder glo dat die stelsels wat in plek is, baie mans se bose dade ongestraf laat gaan. Volgens Margie voel sy ná die vrystelling van
Love and Fury asof haar lesers haar lewe in die boek nou vir hulself het en sy ˊn paar maande gelede haar 'nuwe' lewe begin het. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie