Die man agter die kleigesig

Tanja Bause
Beeldhouwerke uit klei het verlede week hulle verskyning op die strand buite Hentiesbaai gemaak.

Die kunstenaar agter dié kunswerke is Coenraad Louw.

“Ek is baie bly mense geniet die kuns. Ek het geen idee gehad dit sou so ’n groot ding raak nie. Dis wonderlik om te ervaar dat mense dit waardeer,” het hy gesê.

Louw het 25 jaar gelede visuele kuns opleiding in Kaapstad ontvang. Hy woon nou al vir sowat twee jaar op Hentiesbaai om sy ouers te versorg. “Ek was in jare nie regtig kreatief nie en het ’n groot behoefte gehad om iets te skep. Ek het op die strand gestap en gemediteer. In die laaste tyd het ons baie intense getye gehad en groot kluite het uit die kleibanke tussen Hentiesbaai en Jakkalsputz uitgespoel. Toe ek om die hoek gestap kom en die kluit sien, het dit vir my soos ’n gesig gelyk wat na die son lê en kyk en die son aanbid. Ek het gedink ek moet iets skep.”

Hy het begin kerf en op drie geleenthede en ses uur later is die gesig geskape. Hy het ook nog twee kleiner kunswerke geskep wat die gety intussen weggespoel het.

“Soos die klei droog word, so vorm daar krake en ek het twee keer teruggegaan en die krake met vloeibare klei opgevul om dit te bewaar. Ek het egter besef dit was nie die idee nie en teruggestaan. Die gesig moet nou sy eie krake en karakter kry totdat dit uitmekaar val en die see dit wegspoel. Dis natuurlike materiaal en lewende kuns.”

Volgens hom is daar nog ’n paar groot kluite wat hy iets mee wil skep.

Hy is tans besig om ’n abstrakte beeldhouwerk van sowat 40 meter vanaf die gesig te skep. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!