Dié skildery vir halfmiljoen verkoop

Tanja Bause
’n Skildery deur die bykans onbekende jong Namibiese kunstenaar Hage Mukwendje is onlangs op ’n totaal onbeplande veiling in Windhoek vir N$500 000 verkoop.

Op 31-jarige leeftyd is dié deurbraak merkwaardig en allerweë word bespiegel dat hierdie die hoogste prys is wat ’n skildery deur ’n Namibiër nóg in die Namibiese mark behaal het.

“Ek was uitgenooi om ’n lewendige kunsskepping te maak vir die Energiekonferensie wat in April in Windhoek gehou is. Lewendige kuns is wanneer jy iets op ’n verhoog skep terwyl mense toekyk,” het hy gesê.

Hage het saam met die saksofoonspeler Suzy Eises op die verhoog gestaan. Sy het vir 30 minute musiek gemaak en hy het geskilder.

“Ek het die skildery onderstebo begin en toe op sy linker- en regtersy gedraai om verder te skilder en eers toe ek klaar was en die skildery regop omdraai, kon mense sien dat dit ’n vrou is wat ’n kleipot skep.

“Kleipotte is baie belangrik in my kultuur en ons vervoer alle vloeistowwe daarin.”

Toe sy skildery voltooi was, het die minister van mynbou en energie, mnr. Tom Alweendo, op die verhoog gestap en vir Hage oor die skildery uitgevra. Alweendo het toe gesê die skildery moet opgeveil word en het begin bie.

“Dit het by N$50 000 begin; die mense het begin bie en toe dit by N$150 000 kom, was ek stomgeslaan. Die prys het net hoër en hoër gegaan en toe op N$500 000 gestop.

“Ek kon dit nie glo nie. Dit was ongelooflik; die volgende dag het baie mense en selfs media my gebel, maar ek kon dit nie glo of bevestig nie, want ek het nie geweet wat om vir hulle te sê nie.

“Ná ’n week het die koper TotalEnergies Namibia, my geskakel en bevestig dat hulle nie baie wyn gedrink het nie, maar mal is oor die skildery en dit regtig gekoop het. Dit was die oomblik dat ek vir almal vertel het dat hulle regtig my skildery gekoop het.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!