Die wette van ons natuur
Henriette Lamprecht - Die boek se oorsprong was in sy praktyk waar die motiveringspreker en skrywer Siegfried (Sigi) Lange gereeld gesien het sy kliënte ervaar dieselfde tipe uitdagings ten op sigte van hul denkpatrone.
As hy hulle kon bewus maak van dié denkpatrone en hul oorsprong, kon sy kliënte hul gedagtes beter bestuur, sê Sigi. Die konsepte was altyd alleenstaande begrippe tot hy op 'n dag met 'n vriend van Swede daaroor gesels het, vertel Sigi.
“Hy het my gehelp het om tot die insig te kom dat die konsepte wat ek gebruik, eintlik wette is waarvan die meeste mense nie bewus is nie. Diê wette beheer onbewustelik hul denkpatrone.”
Sedertdien het Sigi die laaste 10 jaar die konsepte so duidelik as moontlik probeer beskryf sodat mense dit kan gebruik om hul lewens beter te bestuur.
Sy boek Laws of Our Nature skop af met ‘n self-evaluering wat dan later aandui hoe die betrokke leser elke wet gebruik. In elke hoofstuk wat ‘n spesifieke wet bespreek, kyk Sigi na die impak op die persoon, verhoudings, sake en ook sport en geloof.
“In elke gedeelte is die doel om die leser meer bewus te maak van die impak van die wet en ook te help om verdere lewensareas te identifiseer waar dit dalk 'n impak sal kan hê.”
Die verskillende wette sluit in: The Law of Self ( gedagtes wat altyd met en by onsself begin) en The Law of Slip (gedagtes wat glip na die ‘ergste plek’).
Die Law of Self en Slip kombineer om volgens Sigi die Wilde Perd te vorm wat “die ergste gedagtes van onsself verteenwoordig wat ons heel eerste ervaar”.
Law of Stick verwys na iets wat skeefloop en die persoon wat iets soek om daarvoor te blameer. Law of Significance verwys na die waarde wat aan iets gekoppel word, terwyl die Law of Supremacy verwys na ‘n persoon se kernbehoefte om in beheer te voel. Die boek sluit af met voorbeelde van hoe die wette in mense se persoonlike, beroeps- en geloofslewe gebruik kan word om ‘n meer sinvolle lewe te lei. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie