Die wonderwêreld van Myai
Henriette Lamprecht – Net ’n paar maande gelede het sy haar hand aan digitale kuns gewaag en daarmee begin “speel” en nou pryk van haar skeppings in ’n gesogte galery in Duitsland.
Mariette Korf is een van 31 kunstenaars van oraloor die wêreld wie se digitale kunswerke tans by die befaamde P61 Gallery in Berlyn uitgestal word. Onder die vaandel “Meat Utopia – A Solarpunk Exhibition” fokus die uitstalling op die ontluikende “solarpunk”-beweging en verteenwoordig artistieke oplossings tot die wanbalans tussen die mens, dier en die natuur.
“Solarpunk” is ’n kunsvorm wat optimisties na die toekoms kyk en belowende wêrelde skep.
Mariette, ofte wel Myai Korf, deel die uitstalruimte met baanbrekers van die “solarpunk”-beweging soos Rita Fei, Félix Riaño en die internasionaal-bekroonde ontwerpstudio Karakter, met haar kunswerke wat geskep is met die hulp van kunsmatige intelligensie (KI).
Drie stelle van haar kunswerke – “The Beautiful Ones”, “Alien Mothers” en “What’s on your mind” – is deel van 47 kunswerke wat nog tot 8 Oktober in Berlyn besigtig kan word.
Elke kunswerk is ’n “storietjie”, vertel Mariette, en hoe meer inligting jy aan die “bot” verskaf en hoe kreatiewer jy is, hoe mooier is jou kunswerk. Sy gebruik ’n spesiale program waarin ’n opdrag (prompt) aan die “bot” gegee word om ’n prent te skets van die een wat sy in haar kop het, verduidelik sy.
“Jy gee die opdrag om byvoorbeeld ’n foto te skep van ’n geel kat op ’n tafel. Hoe duideliker jou instruksies is, hoe mooier lyk die beeld.”
Deel van Mariette se ongelooflike skeppings is die inwoners van Silver Moon Hollow wat jou verbeelding laat loop oor die mees unieke inwoners wat iewers in wêrelde vol hoop skuil.
“Ek is mal oor mammoths en aliens, ek sal nie sommer ’n landscape maak nie. Ek hou ook daarvan om karakters te skep wat emosie toon en real is.”
Mariette is die bestuurder vir visuele ontwerp en kommunikasie by Agra en het altyd geskilder, maar dit was frustrerend omdat dit “te lank vat”.
“Nou kan ek presies dit wat ek in my kop sien, op papier sien en dit is baie vinniger.”
Daar is dié wat sê ’n digitale kunstenaar is nie regtig ’n kunstenaar nie, maar sy steur haar nie daaraan nie.
“Hulle sê ons mag onsself nie kunstenaars noem nie, want dit is nie jy wat dit doen nie, jy gee bloot die instruksie. Maar dis dieselfde as iemand wat klavier speel – jy gee die instruksie watter klank gevorm moet word.”
Volgens Mariette is KI besig om die wêreld te verower en is digitale kuns besig om eksponensieel te verbeter.
Sy erken haar idees “hou my wakker in die nag” en jy kan letterlik enigiets doen waaraan jy kan dink.
“My kuns is my goeie daad aan die wêreld, as dit mense kan laat glimlag, is ek gelukkig!”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie