Dokter-digter debuteer op 79
Die bekende Namibiese verloskundige, dr. Matti Kimberg, het op 11 April sy debuutdigbundel tydens ‘n klein geselligheid in Windhoek bekend gestel.
In Viewed through my Laparoscope trakteer Kimberg sy leser met 40 gedigte wat nie net getuig van ‘n deurwinterde geneesheer nie, maar ook van iemand wat vir die ekologie en Namibië omgee; iemand wat die lewe in beide sy vreugdes en traumas ken; iemand wat liefgehad het, maar ook verliese deurleef het.
Die digbundel belig juis hierdie fasette van Kimberg in vier afdelings, te wete ekologie en Namibië (6 gedigte), die lewe (9 gedigte), medies (13 gedigte) en liefde en verliese (12 gedigte).
Lees mens “The Lagoon” word jy summier na Walvisbaai se strandmeer meegevoer. In Okavango skets hy treffend die verloorstryd van ‘n groot rivier teen die dorstige woestyn-delta, “threatened miscarriage” noem hy dit. In “Skeleton Coast” gryp sy beskrywing van die skeepswrakke as “man’s stranded hopes”, mens aan die hart!
Dat sy aftrede op die ouderdom van 77 ‘n moeilike skuif vir hierdie toegewyde medikus was, blyk uit sy versugting in “Requiem for obsolescence: retirement not by choice / ‘it’s hospital policy’”.
Hoewel hy die grootste deel van sy jeug sowel as sy hele professionele lewe in Suid-Afrika en Namibië deurgebring het, is Kimberg ‘n gebore Estlander.
Hy is in April 1943 op die eiland Hiiumaa gebore, maar hy moes op die tenger ouderdom van slegs een jaar saam met sy familie as oorlogsvlugtelinge Swede toe vlug. Kimberg vertel sy ma het ‘n naaimasjien saamgeneem sodat sy vir haar mense kon klere maak. Daar was egter nie plek vir die masjien op die bootjie nie, en dit moes op die strand agterbly.
Die vlug word aangrypend vasgevang in “The Straits of Messina: shaking with fear / our dreams of love / and understanding / fade on the horizon”.
Op vyfjarige ouderdom vertrek die Kimbergs Suid-Afrika toe waar dr. Matti se pa ‘n Baptiste-sendeling in KwaZulu-Natal was. Hy vertel dat hy en oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika saam in die Sondagskool was.
Herinneringe aan sy sendeling-pa vind neerslag in “Isake, my Father”, met die voetnoot dat Isake Estlands is vir Liewe Vader. Met bewondering skryf hy: “we remember Isake ... gentle giant who lived and prayed / leaving a citadel of faith.”
Ginekologie en verloskunde was sy passie en roeping. Hy het die eerste bevrugtingskliniek in Namibië op die been gebring. Oor die 50 jaar wat hy gepraktiseer het, het dr. Matti meer as 9 000 babas gehelp om die eerste lewenslig te aanskou.
Gelukkig het hy nou sy lesers aan die keur van die digwerk wat hy ook die lewe in gehelp het in Viewed through my Laparoscope bekend gestel.
Blykbaar is ‘n boek oor sy lewe nou in die visier van hierdie begaafde dokter-digter.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie