Don Vino sal op 3 Desember by Jazz on the Lawn optree. Foto verskaf
Don Vino sal op 3 Desember by Jazz on the Lawn optree. Foto verskaf

Don Vino se jazzklanke op pad na Vegkop

Tanja Bause
Sondag 3 Desember is dit sulke tyd: Maak jouself reg vir Jazz on the Lawn waar die bekende jazzkunstenaars Don Vino, Judith Sephuma, Fu Jazz, Gyzie en Litisha by Windhoek Hoërskool se Vegkop-stadion optree.

Die passievolle Kapenaar van Elsiesrivier, Don Vino, het sy musiekreis begin op die jong ouderdom van 15 en tree hy sedertdien gereeld saam met plaaslike jazz- en gospelgroepe in en om Kaapstad op.

Hy het ook reeds saam met tientalle Suid-Afrikaanse en internasionale kunstenaars opgetree en daarmee sy merk in die Suid-Afrikaanse musiekmark gemaak as ’n filantroop en sakeman, maar dit is sy solotalent as ’n saksofoonspeler en sy #SaxyVibes wat van hom ’n huishoudelike naam gemaak het.

Don Vino het reeds saam met bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Lloyd Cele, Loyiso Bala, Jimmy Dludlu, Victor Masondo, Tony Schilder, Judith Sephuma, Ernie Smith, Wanda Baloy, Alistair Izobel en PJ Powers opgetree, asook saam met Ladysmith Black Mambazo, Emo Adams, Loukmaan Adams en Hemelbesem.

Internasionale kunstenaars saam met wie hy opgetree het, sluit in Tevin Campbell, Cece Peniston, Sybil, Robin S, Percy Sledge, Bebe Winans, Jimmy Earl Perry, Gerald Veasly en Kirk Whalum.

Hy is die saksofoonspeler in Jonathan Butler se Suid-Afrikaanse orkes en ’n lid van die bekende TopdogSA.

Voorts het hy al in Amerika, die Verenigde Koninkryk, Swede, Doebai, Australië, Nigerië en Kenia getoer waar hy met verskeie orkeste opgetree het.

Don Vino beperk homself nie tot ’n spesifieke genre van musiek nie en sy repertorium sluit in jazz, gospel, en R&B in Afrikaans.

Ná die vrystelling van sy debuut-enkelsnit “Worried”, het sy album All The Way saam met Vicky Sampson in 2018 gevolg en in Mei 2019 het hy die Grand West Arena gevul met die derde aflewering van sy hoogaangeskrewe produksie #SaxyVibes met kunstenaars soos PJ Powers, Jarred Rickets en Amy Jones.

Nog ’n hoogtepunt in sy loopbaan was die afsluiting van die Kaapstadse Internasionale Jazzfees se 20ste bestaansjaar.

Moenie die kans misloop om Don Vino en ander jazz-kunstenaars te sien optree nie!

Die hekke open om 11:00 en die vertoning begin om 12:00. Kaartjies is tot 30 November vooraf beskikbaar teen N$500, of daarna teen N$550 via eticket.my.na.

’n Naweekpas wat die Mi Casa en vriende-vertoning op 2 Desember insluit, is ook beskikbaar teen N$900 tot 30 November en teen N$950 daarna.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 29° Rundu: 20° | 27° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 21° | 29° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 22° | 29° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 20° | 29° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 19° | 23° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 23° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 25° Harare: 16° | 24° #REF! #REF!