Droom jy van ’n loopplank?
Henriette Lamprecht - Namibiërs wat daarvan droom om hul buiging op die loopplanke van die Groot Appel te maak, kry eersdaags die kans om ’n talentsoeker so te beïndruk dat dit straks ’n werklikheid kan word.
Juanita Oosthuizen, die direkteur en stigter van Show Your Talent SA en talentsoeker vir Talent America en die New York Modeweek, sal as deel van vanjaar se Talent Namibia die land besoek om te sien of daar ’n deelnemer (of meer) is wat daardie spesiale iets het om die modelwêreld op die New Yorkse-verhoog op sy kop te keer.
Juanita het haar loopbaan as kunstenaar begin en tot afrigter en toe internasionale afrigter gevorder en die internasionale verhoë van Los Angeles, New York en ook Europa beleef. Sy glo ’n mens se talent is God se geskenk aan jou en wat jy daarmee maak, jou geskenk aan Hom.
Talent Namibia se Luzaan Blaauw beskryf op haar beurt die wêreld as ’n reuseverhoog wat vir kunstenaars wag om hul merk te maak.
“Juanita gaan in Namibië wees om deelnemers te help skitter en om talent vir die New York Modeweek te soek. Dis ’n fantastiese geleentheid om vars talent te ontdek en deure na internasionale verhoë te open,” sê Luzaan.
Dennis de Greeff, Lilibeth Bazuin, Vanessa Venter en Salukazi Akwaake was deel van vanjaar se Talent Namibia-span wat uitsonderlike prestasies in New York in verskeie afdelings behaal het.
Die afdelings waarvoor talentvolle Namibiërs kan inskryf vir Talent Namibia is dans, toneelspel, sang, modelwerk, instrumentaal, Eisteddfod, liedjieskryf, visuele kunste en gebaretaal. Inskrywings sluit op Dinsdag 19 November, met optredes wat op 29 en 30 November by die Wanderers-sportklub in Windhoek plaasvind.
Om in te skryf of vir meer inligting stuur ’n e-pos aan [email protected] of skakel 081 458 7771 of 081 382 8232.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie