Eerste NTV-toekennings vereer Afrikaanse programme
'Ons het die liefde gesien'
NTV neem voortou vir die bemagtiging van Namibiese vermaaklikheid.
Drie van Netwerk Televisie (NTV) se Afrikaanse programme is benoem vir die eerste NTV Kykerskeuse-toekenning in die kategorie vir die beste Afrikaanse program. In die oudste van die drie benoemde programme, KletsUitspeel, bewys aanbieders Jo-Maré Duddy en Henriette Lamprecht dat oud (oftewel ouer) nie koud hoef te wees nie. Hierdie dames klets en kuier elke Vrydagoggend die kassie aan die brand met hul vlymskerp sin vir humor en jarelange vriendskap. Tussen die grappies en geskertsery deur, deel hulle ook die stories van alle uithoeke van die land.
Die voormalige redakteur van Republikein, Dani Booysen, is die gasheer van Uit & Tuis en gaan kuier weekliks by ons land se bekendes en gesels oor die lewe wat hulle weg van die kollig lei.
Gooi Kole is die nuutste van die drie benoemde programme en het sedert sy eerste episode die monde laat water met die disse van topklasbraaiers. Sportgaste kuier elke week op die Gooi Kole-stel en dan word die nuutste verwikkelinge in sport onder die loep geneem voor daar heerlik gesmul word aan die braaier van die dag se skeppings. Gooi Kole is ná sy eerste seisoen in die kategorieë vir Beste Afrikaanse program en ook Beste Kletsprogram benoem.
Saam met Gooi Kole in die kategorie vir Beste Kletsprogram is twee Engelse programme, naamlik die ontbytprogram Smell The Coffee en die aktualiteitsprogram Evening Review.
Anoesga Routh, NTV se projekkoÖrdineerder en een van die gesigte wat weekliks saamgesels op Gooi Kole, vertel dat NTV sy verbintenis met die Afrikaanse gemeenskap in Namibië met trots uitbassuin. "
Ons het Kletskompas in 2019 begin en daar het ons die liefde vir ons taal weer gesien. Alles is deesdae so gemoderniseer en verengels en met Kletskompas het ons die liefde gesien wat dit weer by die Afrikaanssprekendes in ons land aangewakker het. Juis daarom het ons Afrikaanse programme hul eie kategorie by die NTV-toekennings," het sy gesê.
Anoesga verklap dat NTV graag die toekennings in die toekoms verder sal wil uitbrei.
"Ons wil hê dit moet groter as NTV word. Ons wil dit vestig as die gouestandaard-toekenning vir die vermaaklikheidsbedryf in Namibië."
Sy het die hoop uitgespreek dat die eerste NTV-toekennings ook dié kanaal sal help om verder sy merk in Namibië te maak. "Ek wil hê dat die NTV-toekennings moet wys 'ons is hier' en 'ons is hier met Namibiese inhoud'. Ek wil hê NTV moet die kyker se keuse wees wanneer hulle op ’n Sondagnamiddag hul TV aanskakel en 'n program moet kies." sê Anoesga.
Die NTV-toekennings word 8 Februarie vanaf 18:00 uitgesaai op NTV, DSTV kanaal 285 en GoTV kanaal 25, asook op Namibia Media Holdings (NMH) se Facebookblaaie.
GRYS BLOK:
Stemlyne vir die eerste NTV-toekennings sluit vanaand (Donderdagaand) om 23:59.
Jy kan stem vir jou gunsteling programme, sportuitsendings en aanbieder deur ’n boodskap met "#NTVawards2024" per WhatsApp te stuur aan 085 785 6231 en die instruksies op die skerm te volg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie