BUSINESS VENTURE: EES is broadening his business portfolio with Nam Flava Camping. PHOTO: CONTRIBUTED
BUSINESS VENTURE: EES is broadening his business portfolio with Nam Flava Camping. PHOTO: CONTRIBUTED

EES stel reisplatform met ‘Nam Flava’ bekend

Yandi Du Plessis
Die musikant en mediapersoonlikheid EES, wat al baie jare lank ‘n trotse ambassadeur vir Namibië is, het onlangs sy eie Namibiese reisbesprekingsplatform genaamd Nam Flava Camping bekend gestel.

Die platform is ‘n “alles-in-een”-webwerf om ‘n eens-in-‘n-leeftyd reisavontuur deur Namibië te bespreek – alles met die druk van ‘n knoppie.

EES het gesê dit hom baie maande geneem het om die beste moontlike kampeerroete te skep om al Namibië se beste besienswaardighede en bestemmings te kan besoek.

“Sodra dit bespreek is, sal gaste ‘n volledige reistydskrif ontvang met al die inligting en reiswenke wat hulle sal nodig hê – wat ek geskryf en ontwerp het.

“Daarbenewens sal reisigers wat die Nam Flava-toer-ervaring kies, ook ‘n spesiale kaart met GPS-koördinate en roetes kry wat hulle op ‘n volle kamp-avontuur deur die pragtige Namibiese natuur sal neem,” het hy gesê.

Daar is vier moontlike toerplan-pakkette beskikbaar op die moderne besprekingswebwerf, wat wissel van 10- en 13-dae-uitstappies tot 16- en 21-dae Nam Flava-kamptoer-avonture oraloor die land.

Die webwerf gee gebruikers ook toegang tot spesiale speellyste van Namibiese musiek waarna hulle in hul motors kan luister tydens hul reis-avontuur.

Besoek dié nuwe platform by www.namflavacamping.com.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!