Ekstra opwinding op Woordfees-program

Yandi Du Plessis
Die Suid-Afrikaanse veteraanaktrise Sandra Prinsloo sal op 18 November by die Nasionale Teater (NTN) in die verhoogverwerking van Elsa Joubert se Spertyd te sien wees; Amanda Strydom, die sangeres, liedjieskrywer, aktrise en soms-dramaturg, lewer op 16 November ’n vertoning getiteld “Ongegrendel” by die NG Kerk in Eros, en die immer gewilde alternatiewe Afrikaanse rockgroep Spoegwolf sal op 19 November by WHS se Vegkop-stadion optree.

Dit is waarna Namibiërs en veral kultuurfoendies tot onlangs kon uitsien by die Lentehoofstuk van die Windhoek Woordfees wat op 16 November in die hoofstad afskop. Dié groep kan egter nou ook uitsien na ‘n splinternuwe item op die feesprogram. Skrywersgesprekke en boekbekendstellings word jaar na jaar onder die vaandel van die Woordfees aangebied, en vanjaar is geen uitsondering nie. Die boeke Die storie van ‘n huis deur Louis Jansen van Vuuren en Hardy Olivier; Amper Frans, ook deur Jansen van Vuuren; Duinhuis deur Isabella Niehaus en Daar’s ‘n vegan op my verandah deur Jansen van Vuuren en Niehaus word Dinsdag 15 November vanaf 18:30 by die Villa Vista Gastehuis bekend gestel. Albei skrywers sal by die geleentheid oor hul boeke gesels. Toegang kos slegs N$100 en peuselhappies en wyn sal bedien word.

Daar’s ’n vegan op my verandah is ’n koesterboek waarin Louis en Isabella ’n sierkrans van stories en resepte uit die plantwêreld saamsnoer. Die vars bestanddele kom grotendeels uit die bos-en-kombuistuin by Le Rembuché, waar hulle op die Franse platteland woon.

Maak jou gereed vir smullekker geregte wat maklik is om voor te berei en wat die fotograaf Yvette Jordaan vasgevang het op ’n manier wat beslis jou mond sal laat water.

Isabella se Langtafel-etes by haar Duinhuis in die Weskus is net so befaamd soos die kreatiewe vegan-etes wat Louis by Café Vincent en Château la Creuzette voorsit. Hulle is twee skeppende wesens wat dit regkry om gaste keer op keer met innoverende smaak- en geurkombinasies te oorrompel. Almal is dit eens: As ons élke dag só kan eet, sal dit net ’n plesier wees om ’n plantgebaseerde dieet te volg.

Daar’s ’n vegan op my verandah gaan heelwat lesers inspireer om ten minste een maal per week “anders” te eet en só ’n betekenisvolle bydrae te lewer om die agteruitgang van die aarde te stuit.

“Het ons kontak verloor met die eenvoud van ons kindertyd? Met klein plesiertjies? Ons verorber kommersiële reklame oor produkte goedsmoeds as die waarheid. Ons dink nie twee maal oor kos wat in plastiekbedekkings op rakke lê en sweet nie.

“Daarom deel ons hierdie boek vol stories en resepte met almal wat ’n waardering het vir die oorvloed van die natuur. Wat vreugde daaruit put om ’n blaar knarsend te kan pluk, te kan byt in ’n tamatie nog koel van die nag, kan snuif aan ’n stingel tiemie. Kom ons ontdek hoe kundig en skeppend ons met basiese bestanddele kan toor. En kyk dan hoe ryklik die staaltjies en sprokies opwel rondom die moontlikhede wat ’n eenvoudige kombuistuin bied,” skryf Louis.

Daar’s ‘n vegan op my verandah is aangewys as Exclusive Books se topverkoper by die 2022 Stellenbosch Woordfees.

Dit is belangrik om jou kaartjie vooraf te bespreek om die organiseerders genoeg tyd te gun om genoeg eet- en drinkgoed vir al die gaste aan te skaf.

Kontak Jolene Nell by 081 129 3020 of [email protected] vir besprekings.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!