Europese films tot November op Namibiese silwerdoek

Iréne-Mari van der Walt
Met die eerste twee suksesvolle vertonings agter die rug, het Namibiërs nog tot middel November die geleentheid om die room van Europese films op die Namibiese silwerdoek te sien as deel van die Europese Unie (EU) se filmfees.

Deel van die reeks films wat te sien is, is die Hongaarse film Semmelweis wat fokus op ’n jong dokter se soeke na antwoorde oor ’n toestand wat babas se lewens eis. In die Italiaanse film Primadonna deur Marta Savina, pak die hoofkarakter Lia ’n regstryd 1965 in Sicilië aan, wanneer sy tydens 'n verkragting swanger raak. Daar word van Lia verwag om met haar verkragter te trou om hul reputasies te red, maar sy besluit om eerder die hof te nader in 'n poging om self oor haar lewe te besluit.

Vanaand is Rui Simões se Primeira Obra om 18:30 by die Ster-Kinekor teater by die Maerua-inkoopsentrum in Windhoek te sien. Dit volg 'n jong filmmaker wat Portugal besoek met die hoop om navorsing te doen oor hoe die land homself met Europa verenig het. Volgende Woensdag is Éric Besnard se geskiedkundige dramedie, Délicieux, op die silwerskerm. In dié film bring ’n sjef wat pas sy werk as ’n persoonlike sjef vir ’n huishouding verloor het, sy eie restaurant op die been met die hulp van ’n vriendin wat hy langs die pad ontmoet.

Spanje is volgende op die lys met Gracia Querejeta se veelbekroonde film 15 años y un día wat ’n roekelose tiener volg wat by sy oupa op ’n klein dorpie moet gaan bly nadat hy uit die skool geskors is. Die jong seun moet dan nes sy oupa, wat ’n stil lewe lei, hul vrese in die oë kyk. Dit is op 16 Oktober te sien.

Op 23 Oktober is die Finse romantiese dramedie, Fallen Leaves, op die feeskalender. Die film wat verskeie Golden Globe-toekennings en ook toekennings by die Cannes Rolprentfees ingepalm het en ook as TIME-tydskrif se beste film vir 2023 aangewys is, vertel die verhaal van ’n man en vrou wat tussen die uitdagings aan die moeiliker kant van die sosio-ekonomiese skaal probeer om ’n verhouding te bou.

Maciej Kawalski se Niebezpieczni Dzentelmeni (Dangerous Men) is op 30 Oktober aan die beurt. Hierdie film vereenselwig komedie met ’n moordraaisel wanneer ’n groep mans ná ’n jolige aand wakker word met ’n dooie man op hulle bank en geen idee wie hy is of hoe hy daar gekom het nie.

Die eerste film vir November is die Duitse film, Le Prince, deur Lisa Bierwirth. ’n Kunskurator en ’n Kongolese sakeman wat in 'n verhouding is, moet in die film probeer om post-koloniale konflik te oorbrug.

Die Europese Filmfees sluit 13 November op ’n hoë noot af met die Namibiese film, Lukas, wat sedert sy vrystelling plaaslik en internasionaal opslae gemaak het. Die film deur Phillipe Talavera plaas hawelose kinders in Windhoek onder die vergrootglas en vertel die storie deur die oë van die jong seun, Lukas, wat ná die grumoorde op sy ma en ouma aan die hand van sy stiefpa by sy tannie in Windhoek moet gaan bly. Hy besluit kort daarna om weg te hardloop en moet op straat oorleef. Die film volg die karakter van Lukas oor 15 jaar en deel meer oor die alledaagse uitdagings van kinders op straat.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle English Championship: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle #N/A Currency: GBP to NAD 22.91 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.3 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.49 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1869.13 Down -1.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14154.97 Up +0.93% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 647.57/OZ DOWN -0.0031 | Copper US$ 4.55/lb UP +0.62% | Zinc US$ 3 187.80/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 79.80/BBP UP +1.68% | Platinum US$ 989.02/OZ DOWN -0.0034 #N/A