Die opbrengste van die Biltongfees sal vir verskeie liefdadigheidsprojekte aangewend word. Foto Augetto Graig
Die opbrengste van die Biltongfees sal vir verskeie liefdadigheidsprojekte aangewend word. Foto Augetto Graig

Feespret vir barmhartigheid

Die immergewilde Biltongfees maak binnekort ’n welkome terugkeer nadat dit die afgelope twee jaar weens die Covid-pandemie nie kon plaasvind nie. Die fees, 'n projek wat deur die Nederduitsch Hervormde Kerk in Windhoek aangebied word, vind op 30 Julie in die hoofstad by die Trustco United-sportgronde plaas.

Gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Leah en Franja du Plessis, asook die trio Jan Jan Jan, sal op die verhoog te sien wees, en afgesien van stalletjies met hope smullekker biltong en ander vleissnitte, sal feesgangers ook vermaak word deur die Mej. Biltongfees Tiener-kompetisie, ’n boerboelskou en die Dignity-pretdraf en Crossfit-kompetisie vir die fiksheidsentoesiaste.

Terwyl feesgangers die pret en plesier meemaak en weglê aan die geliefde sout versnaperinge, kan hulle ook gerus wees dat die opbrengste van die fees vir ’n goeie doel aangewend sal word.

Volgens ds. Willem Dykema van die Nederduitsch Hervormde Kerk sal die geld “binne die reikwydte van die fees en die gemeente se werksaamhede” in die gemeente self, maar ook die wyer gemeenskap teruggeploeg word.

Hy vertel ‘n redelike deel van die winste sal vir die gemeente se funksionering gebruik word, maar sal ook veral die gemeente in staat stel om liefdadigheidswerk soos die Dignity-projek te kan voortsit.

“Die Dignity-projek is ’n liefdadigheidsprojek deur die kerk wat slagoffers van seksuele geweld ondersteun. Dignity-pakkies met basiese higiëniese benodighede, Bybels en ander items word ingesamel en aan slagoffers gegee. Vir sommige is dit die eerste stap om hul waardigheid te herstel,” het me. Sandra Loubser, een van die organiseerders van die Biltongfees, verlede week vertel.

Benewens dié projek bied die kerk ook ondersteuning aan kinderhuise en ouetehuise, en die winste sal ook aangewend word om hul kombersprojekte in die winter en hul Kersboomprojek vir minderbevoorregte kinders aan die einde van die jaar ’n hupstoot te gee.

“Dit is bo en behalwe heelwat ad hoc-gevalle waar ons mense en groepe in nood help,” sê Dykema.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!