Filmfees nooi ywerige talent
Ywerige filmmakers het nog tot 4 April die geleentheid om hul kortfilms van ’n minuut lank vir die Afrika Mobiele Filmfees in te skryf.
“Afrika-stories moet deur Afrika se mense vir ’n Afrika-gehoor vertel word,” sê dié fees se stigter, Bruno Smadja.
Sedert die fees in 2005 begin het, poog dit om gelyke toegang aan filmmakers te bied deur die gebruik van selfone toe te laat en gratis registrasie. ’n Vereiste is egter dat diegene wat inskryf in ’n land in Afrika woonagtig moet wees.
Dit is die tweede keer dat dié fees Afrika-gehore vermaak nadat dit die eerste keer die ondersteuning van 600 instansies vanuit 45 Afrika-lande gekry het en meer as 500 kortfilms vanuit 38 Afrika-lande ingeskryf is.
Dié films is steeds op die Mobile Film Festival Africa se platforms beskikbaar en het tot dusver bykans 14 miljoen kykers gelok.
Die fees sal vanjaar weer aanlyn vanaf 3 tot 31 Mei aangebied word.
Op 8 Junie word die toekennings uitgedeel vir onder meer die Afrika-grootprys, die Marokko-grootprys, die toekenning vir die beste Franse film, die ACP-EU Kultuurprys, pryse vir die beste akteur en aktrise, asook vir die beste vroueregisseur en die beste dokumentêre film.
Die prysgeld het ’n gesamentlike waarde van US$46 000.
Meer inligting is aanlyn beskikbaar by mobilefilmfestival.africa.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie