Foto’s vertel storie van tuis wees

Yandi Du Plessis
Die Home of Mine-foto-uitstalling het die afgelope Donderdagaand by Café Prestige in die hoofstad geopen.

Home of Mine is ‘n groepuitstalling wat volg op die drie weke lange Reframe Photography-slypskool wat deur Julia Runge, Lisa Ossenbrink en Hildegard Titus gefasiliteer is.

Veertien fotograwe wat in Windhoek gebaseer is, naamlik Elago Akwaake, Esther Kambonde, Janet Mwatongwe, Laimi Pauvaneko Hawala, Martha Mukaiwa, Natache Sylvia Iilonga, Olivia Nghaamwa, Profiliu IM Nandjebo, Rachel Sakeus, Saara Iita, Sheugnei Cloete, Shili Munyama, Steven de Beer en Victor Shivolo, het dié slypskool bygewoon.

Dié groep het die taak gehad om fotoreekse te skep onder die tema “Home of Mine” - wat hulle op beide abstrakte en letterlike maniere kon interpreteer. Hulle werk het gewissel van jeugkultuur, veilige ruimtes, identiteit en ekonomiese vryheid in Windhoek en sy omgewing wat hulle op kamera moes vasvang.

Die uitstalling kan tot 20 Januarie 2023 besigtig word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!