FPK rock môre in Windhoek
Plaaslike gunstelinge ook op die verhoog
Musiekliefhebbers kan môre saam ruk en rol by die Sound for Sight-musiekfees.
Rockklanke gaan môre in die hoofstad opklink met 'n indrukwekkende lys kunstenaars wat die verhoog gaan betree by die Sound for Sight-musiekfees. Die hooftrekpleister by vanjaar se konsert is natuurlik die ikoniese Suid-Afrikaanse rockgroep Fokofpolisiekar, wat van hulle gunstelingtreffers soos "Komma" en "Hemel op die Platteland" sal uitvoer.
Plaaslike gunstelinge soos As Night Fades, Weissdorn en Echo Vision sal ook deel vorm van die program van dié musiekmakietie wat reeds om 14:00 môremiddag afskop.
Die organiseerder van hierdie geleentheid, Alfred Visser, vertel dat die inisiatief 'n kruising tussen sy liefde vir musiek en 'n rampspoedige padongeluk in 2004 is.
Visser het amper twee dekades gelede 'n skedelfraktuur in die ongeluk opgedoen. "Ek is in die hospitaal opgeneem en toe ek wakker word, het ek besef ek is blind," het hy gesê.
“In daai oomblik het ek besef ek kan die brug tussen die ‘normale lewe’ en die eiland waarop siggestremdes leef verteenwoordig – ek het al twee dié wêrelde beleef,” het Visser destyds in 2019 gesê.
Die liedjie “Open up your eyes” van Saving Silence het hom laat besef die ongeluk is nie die einde van sy lewe nie.
“Musiek is ’n manier om brûe te bou en bewustheid te skep,” glo hy.
Die idee van ‘n musiekfees om bewustheid vir siggestremdes te skep, het by hom posgevat.
Visser se vriende en verskeie musikante het dadelik van die idee gehou.
Hy verduidelik dat Sound for Sight oorspronklik gestig is "om blinde mense se lewens te probeer ophelder". Vanjaar se Sound for Sight-konsert het egter ten doel om Visser se eie lewe te verhelder deur hom nader te bring aan sy droom om 'n "bioniese oog" te kry.
Deur hierdie prosedure word 'n kamera in 'n blinde oog ingeplant met die doel om sig te herstel.
Visser glo baie moet nog gedoen word om wanpersepsies oor blinde mense uit die weg te ruim. "Blinde mense is nie doof nie, nie stom nie en nie dom nie," het hy gesê.
Die geleentheid word vanjaar by The Rare Smokey Mare aangebied. Kaartjies is beskikbaar via Webtickets.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie