Franse klaviermeester op pad na Namibië

’n Verrassende musiekervaring
David Greilsammer word erken as een van die mees virtuose en waaghalsige pianiste en dirigente van vandag se klassieke wêreld.
David Greilsammer, een van die mees befaamde Franse pianiste van sy tyd, tree volgende maand by die Nasionale Teater (NTN) op.

Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) het met die NTN en RMB Namibia hande gevat om dié opwindende gebeurtenis moontlik te maak.

Grielsammer se konsert in Windhoek vorm deel van ’n SADC-toer wat bestaan uit optredes in Namibië en Angola waarmee dié pianis klassieke konserte van ’n hoë gehalte wil bied en opvoedkundige aktiwiteite vir jongmense aanbied om belangrike artistieke en maatskaplike doelwitte te vervul. Dié opvoedkundige aktiwiteite sluit meesterklasse en slypskole met musiekonderwysers en hul jong studente in.

DIE PIANIS

Greilsammer word erken as een van die mees virtuose en waaghalsige pianiste en dirigente van vandag se klassieke wêreld, en is passievol oor innoverende projekte, skepping en die oorbrugging van kulture. Sy solo-uitvoerings, wat altyd eklektiese en verrassende musiekervarings bied, is oor gesogte konsertsale oraloor die wêreld opgevoer. Die Fransman se jongste album, Labyrinth, het meer as twintig internasionale toekennings ontvang en is deur die internasionale media geloof as “dapper”, “visioenêr” en “ongelooflik”. Sy ander onlangse albums het talle toekennings gewen, insluitend van die New York Times, die Boston Globe en die Sunday Times.

Benewens sy baanbrekende uitvoerings, wat wissel van barok tot kontemporêre musiek, is Greilsamer ook bekend vir sy weergawes van Mozart se werk. Hy het al Mozart se klaviersonates in Parys opgevoer in ‘n eendaagse “marathon”, en hy het ook al Mozart se sewe-en-twintig klavier-concerto’s in een konsertseisoen gespeel en gedirigeer.

In die afgelope paar konsertseisoene het hy solo-optredes gelewer by die Wigmore Hall in Londen, Concertgebouw in Amsterdam, Théâtre du Châtelet in Parys, Mostly Mozart Festival in New York, Kennedy Centre in Washington, Verbier Festival, Forbidden City Theatre in Beijing, Suntory Hall in Tokio, Centro Cultural de Belém in Lissabon, Hamburg Elbphilharmonie, en die Venesiese Biënnale.

Greilsammer se konsert in die hoofstad word deur die lugrederye Air France en KLM geborg, en vind op Vrydag 8 Julie om 20:00 by die NTN plaas. Kaartjies is teen N$250 via Webtickets (aanlyn en by Pick n Pay-winkels) beskikbaar. Boonop sal ‘n meesterklas vir Namibies-gebaseerde musikante op 7 Julie by die teater aangebied word.

Vir meer inligting, kontak die FNCC by 061 387 346 of [email protected]. Vir kaartjies, kontak die NTN by 061 374 400 of [email protected].

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!