Verlede jaar se boereworskampioen, Alfeuse Ntsamba. Foto verskaf
Verlede jaar se boereworskampioen, Alfeuse Ntsamba. Foto verskaf

Gaan groot of gaan boerewors

Shoprite en Checkers is weer eens op soek na Namibië se boereworskampioen, en inskrywings vir die Champion Boereworskompetisie is nou amptelik oop.

Na sy ontstaan in 2010, het die Shoprite & Checkers Champion Boereworskompetisie een van die bekendste kulinêre kompetisies in die land geword, met die doel om topgehalte boerewors meer bekostigbaar vir Namibiese huishoudings te maak.

Sanet Prinsloo, Namibië se boereworskoningin en fasiliteerder van die kompetisie, is van dag een af deel van die boerewors-familie en sy is steeds vuur en vlam oor die inisiatief.

“Om die beste, tradisionele boerewors in Namibië te vind, is wat hierdie kompetisie vir my so opwindend en die moeite werd maak. Jaar na jaar voel ek steeds geëerd om deel van hierdie wonderlike inisiatief te wees.”

Behalwe dat jou oorspronklike boereworsresep landswyd op Shoprite en Checkers se rakke beskikbaar sal wees, stap die wenner met ‘n koopbewys ter waarde van N$150 000 weg, die naaswenner met N$100 000 en die derde plek met N$50 000.

“Hierdie is groot. Weet jy wat dit vir jou kan beteken? Almal het ‘n bietjie ekstra hulp nodig tydens hierdie moeilike tye,” voeg Prinsloo by.

“Ek is net mal oor boerewors. En ek is ook mal oor mense wat lief is vir boerewors. Dit kan regtig jou lewe verander.”

Die 2022-wenboereworsresep sal op 24 September vanjaar in alle Shoprite en Checkers-winkels landswyd beskikbaar wees. ‘n Kompetisie van hierdie omvang sal nie moontlik wees sonder getroue borge soos NOVA FM, Coca-Cola, Top Score, NamChefs en Tafel Lager nie.

As jy dink jy het ‘n wen-boereworsresep, besoek www.namibianchampionboerewors.com om in te skryf. Inskrywings sluit op 15 Junie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!