Gedeelde gedagtes, veelsydige kuns

Nikanor Nangolo
Die Woermannhaus-galery in Swakopmund bied eersdaags die eerste uitgawe van die Collective Thoughts-uitstalling aan – ’n versameling van skilderye en afdrukke deur die kunstenaars Frans Uunona en Petrus Amuthenu.

Die Swakopmund Kunsvereniging (SAA) en die StArt Art-galery het hande gevat om dié langverwagte uitstalling te laat realiseer. Die amptelike opening is op 9 Julie, en die uitstalling kan vanaf 10 to 31 Julie besigtig word. Die kunstenaars, Uunona en Amuthenu, het die afgelope paar jaar ‘n ateljee in Windhoek gedeel. Dit sal die eerste keer wees dat die duo hul werk saam in Swakopmund uitstal.

Volgens die SAA is die naam van hierdie uitstalling geïnspireer deur die sinergie wat gevorm word wanneer kunstenaars ‘n ateljeeruimte deel, en gevolglik ‘n mens se kreatiewe gedagtes oor ‘n lang tydperk met ‘n ander persoon deel.

“Albei kunstenaars is geïnspireer deur die stadslewe en populêre kultuur. Dit is duidelik in die grafiese elemente van hul werk en hul gekose motiewe.”

Albei kunstenaars is voortdurend besig om te eksperimenteer en neem hul tegniek dikwels in nuwe rigtings.

“Dit lei tot ’n veelsydige uitstalling wat tekeninge, skilderye op papier en doek asook linosnee en kartonafdrukke insluit,” het die kunsvereniging gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!