Geskiedenis van ‘onskatbare waarde’

The Book Den en Protea Boekhuis stel op 27 April dr. Nicol Stassen se nuwe boek, Van Humpata tot Upingtonia, in die hoofstad bekend.

Stassen doen al vir bykans twee dekades navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-boere. Hy het ’n BA-graad in tale (Afrikaans, Duits en Russies), ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis.

WAAROOR GAAN DIE BOEK?

Ná ’n swerftog van sewe jaar, gekenmerk deur onbeskryflike lyding, het die Dorslandtrekkers hulle uiteindelik by Humpata op die hoogland van Angola gevestig.

Binne ’n jaar ná hul aankoms het die eerste geesdrif oor hulle nuwe tuiste verflou en het ontnugtering en teleurstelling ingetree. Dit was nie lank nie of die meerderheid van die rustelose trekkers het besluit om na die Transvaal terug te keer met die dieselfde trekpad waar hulle soveel gely het en soveel familielede aan die dood moes afstaan.

Op pad terug kruis hul paaie weer met dié van die Kaapse bruin man William Worthington Jordan, een van die merkwaardigste persone wat gedurende hierdie jare in Suider-Afrika geleef het.

Een deel van die trekkers besluit om hul lot by dié van Jordan in te werp en hulle stig die republiek van Upingtonia, ’n kortstondige republiek in die noorde van Suidwes-Afrika.

Van Humpata tot Upingtonia is die verhaal van hierdie trekkers se onverskrokke durf in die mees afgeleë dele van Suider-Afrika.

Selfs onder ’n nasie wat bekend is vir hulle vermoë om koppig en met taaie volharding voort te trek, is die omswerwinge van hierdie groep sonder weerga.

Die uitvoerende beampte van Netwerk, Elizma Theron, is van mening dat hierdie boek ʼn groot gedeelte van die Namibiese geskiedenis vervat.

“Heelwat groot families in Namibië is direkte afstammelinge van die Dorslandtrekkers. Om al hierdie inligting te hê oor jou voorvaders en al hul wedervaringe om uiteindelik hier te vestig, is van onskatbare waarde.”

Die bekendstelling vind plaas by Ons Erfdeel Kultuursentrum, op die hoek van Bismarck- en Blohmstraat, op 27 April om 17:30 vir 18:00. RSVP teen 22 April by Bruni Lubbe by [email protected] of +264 61 239976 om jou plek te verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!