Gesoek: Temalied vir kunstefees

Die Goethe-Instituut, die Nasionale Teater (NTN) en ander rolspelers het vandeesweek trots die bekendstelling van die Otjomuise Live Arts Festival (Olaf)-webwerf aangekondig.

Hulle het plaaslike musici uitgenooi om inskrywings in te dien vir ‘n amptelike temalied vir vanjaar se fees wat vir 14 tot 22 Oktober geskeduleer is.

Die fees, wat in 2021 deur die NTN en Goethe-Instituut van stapel gestuur en ingehuldig is, het ten doel om geleenthede te skep vir die tentoonstelling of installering van eksperimentele en verfrissende kunsvorme in openbare ruimtes waar die stadslewe en die kunste mekaar kan ontmoet.

Olaf is grotendeels begin weens die ontoeganklikheid van verskeie artistieke platforms vir die meerderheid van Windhoek se inwoners. Dié platforms is dikwels beperk tot binnenshuise ruimtes en – by tye – ontoeganklike gebiede van die stad. Die webwerf (www.olafnamibia.com) is op 24 Junie onthul.

Met die oog op die fees word plaaslike musikante en ander in dié bedryf genooi om hul klankskeppings in te stuur en sodoende hul interpretasie van die viering van die erfenis van Windhoek te deel. Een van dié inskrywings sal uiteindelik as die temalied van Olaf gekies word.

Kunstenaars wat belangstel, kan hul klanksnitte van een minuut per WhatsApp na 081 414 9306 stuur. Die klankopname moet vergesel word deur die (1) volle name van die kunstenaar(s) en liedjie, (2) konsep van die liedjie en (3) ‘n kort biografie van die kunstenaar(s). Liedjies wat reeds bekend gestel is, kan deur die regmatige eienaars ingestuur word. Aansoeke sluit op 8 Julie om middernag. Onverstaanbare of onhoorbare inskrywings sal nie oorweeg word nie en slegs suksesvolle kandidate sal gekontak word.

Die fees vir 2022 word deur die Frans-Duitse Kultuurfonds aangebied in vennootskap met die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC), nasionale uitsaaikorporasie (NBC), Nasionale Kunsgalery (NAGN), die afvaardiging van die Europese Unie (EU) in Namibië en Namibiese Kunsvereniging (NAA).

Die suksesvolle kandidaat(e) sal ‘n kontrak aangebied word en tantieme sal dienooreenkomstig betaal word vir die liedjie om voor en tydens die fees in bemarkingsmateriaal te verskyn. Dit sluit in, maar is nie beperk tot, digitale media, televisie, radio en geleenthede op die feesterrein.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na [email protected], of skakel 061 374 400.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!