Gewilde reggae-groep tree in Windhoek op

Yandi Du Plessis
Die Suid-Afrikaanse reggae- en R&B-groep Dr. Victor & The Rasta Rebels tree eerskomende Saterdag by die Windhoek Buitekluboord op.

Die groep het 12 jaar laas op Namibiese bodem opgetree en dié konsert beloof om 'n eenmalige ervaring vir musiekliefhebbers te wees.

Dr. Victor & The Rasta Rebels is in die 1980's gestig en is bekend vir sy unieke mengsel van Afrika-ritmes, reggae en rockmusiek. Die groep word gelei deur Victor Khojane – beter bekend as Dr. Victor – ’n talentvolle musikant, sanger en liedjieskrywer.

Die groep se laaste optrede in Namibië was in 2011, en hul terugkeer ná 12 jaar wek baie opwinding onder musiekaanhangers in die land en BigeventsNamibia, wat die geleentheid reël, beloof 'n onvergeetlike aand van musiek, dans en kultuur.

Dr. Victor is in 1964 in Kimberly, Suid-Afrika, gebore en vind sy inspirasie in Bob Marley, Lucky Dube en ander reggae-legendes se musiek. Dr. Victor het sy musiekloopbaan in die 1980's begin, in verskeie groepe gespeel en sy vaardighede as musikant opgeskerp.

Dr. Victor het al vir internasionale musieksterre soos Paul Simon, Janet Jackson en Gloria Estefan geopen en die globale trefferlyste in Japan, Mexiko, Frankryk en die Midde-Ooste gehaal met sy album Faya.

Teen die laat 1990's het Dr. Victor die Rasta Rebels weer bymekaar gebring, en hulle het 'n versamelalbum getiteld The Best of the Rasta Rebels vrygestel, wat 'n nuwe snit genaamd "I Love to Truck" ingesluit het. Hierdie album en die nuwe enkelsnit het goed verkoop. Oor die jare wat gevolg het, het Dr. Victor solo-projekte soos “Sunshine Daze” (2003) en “If You Wanna Be Happy” (2004) vrygestel, asook Rasta Rebels-albums soos When Somebody Loves You Back in 2006.

Kaartjies vir Saterdag se konsert verkoop vinnig en BigeventsNamibia moedig aanhangers aan om hul kaartjies vooraf teen spesiale pryse te kry. Kaartjies is beskikbaar by webtickets.com.na en by enige Pick n Pay-winkel landswyd.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!