Grappies vir 28 Maart 2024
Drie dronkies is op pad na hulle huise. Hulle stap straat-af drie-uur die oggend, maar is nie so seker waar hul huise is nie. Hulle kom by die eerste plek waar hulle vermoed Jan bly en klop aan die deur. Twee van hulle staan op ’n afstand en Piet staan so halfpad nader toe die vrou die deur oopmaak. Piet vra: ‘Met alle ordentlikheid, mevrou, wil ons vir u vra of een van ons drie miskien hier bly?'
Blondine sę aan haar blonde maat: ‘Ek hoor hulle sę ons blondines gebruik net ’n kwart van ons brein.' Die maatjie vra: 'En wat maak ons met die ander kwart?'
Eksamenflaters:
Vraag: Verduidelik een van die prosesse om drinkwater geskik te maak om te drink. Antwoord: Flirtasie.
Vraag: Hoe word dou gevorm? Antwoord: Die son skyn op die blare en laat hulle sweet.
Vraag: Wat gebeur met jou liggaam soos jy oud word? Antwoord: Wanneer jy ouer word, word jou derms ook ouer en dan word jy interkontinentaal.
Gewoonlik antwoord die sekretaresse van my seun se skool as ek bel, maar hierdie keer praat ek toe met iemand met 'n onbekende stem. Ek noem dit toe aan my 11-jaar-oue seun en vra of hy weet wie dit sou kon wees. 'Dit kon Mev. Campbell gewees het,' antwoord hy, 'het dit geklink of sy 'n blou jas aanhet?'

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie