‘Hairareb’ dalk nóg ’n toekenning ryker
Draai eersdaags by Zambiese rolprentfees
Die veelbekroonde Namibiese rolprent Hairareb is op pad na Zambië met ‘n benoeming vir beste rolprent by die negende Sotambe Internasionale Rolprentfees wat vanaf 17 tot 24 September in Lusaka plaasvind.
Die rolprent sal sy Zambiese debuut maak by die fees wat deur die Sotambe-filminstituut (SFI) aangebied word. Laasgenoemde is ‘n Zambiese instelling wat in 2014 gestig is en ten doel het om die rolprentbedryf in Zambië en Suider-Afrika in geheel te ondersteun.
Die fees sluit verskeie aktiwiteite soos rolprentvertonings, media-inligtingsessies, meesterklasse, skemerkelkiegeleenthede, werkwinkels en kunsuitstallings in.
Hairareb het reeds verskeie internasionale toekennings ingepalm, waaronder dié vir beste Suider-Afrikaanse rolprent by die Africa Magic Viewers’ Choice-toekenningsgeleentheid wat vroeër vanjaar in Lagos, Nigerië, aangebied is.
Die fliek is ook benoem vir beste rolprentnarratief by die 30ste jaarlikse Pan-Afrikaanse rolprentfees (PAFF) in Los Angeles en het die toekennings vir beste narratiewe rolprent, beste regisseur en beste akteur vir wyle David Ndjavera by die Namibiese Teater- en Filmtoekennings (NTFA's) ontvang.
Hairareb het ook internasionale lof uit verskeie oorde ingepalm en het deel gevorm van talle gesogte internasionale rolprentfeeste se amptelike seleksie, insluitend die Europese rolprentfees en die Durbanse internasionale rolprentfees.
Die film het verlede jaar twee Dikalo-toekennings (beste aktrise vir Hazel Hinda en spesiale erkenning vir speelfiksie van die seleksiepaneel) by die Festival International du Film PanAfricain de Cannes ingepalm. Die rolprent het ook die spesiale eer gehad om op 19 Oktober by die openingseremonie van die rolprentfees by die Espace Miramar-uitvoeringsaal in Cannes, Frankryk, vertoon te word.
Hinda het ook ‘n tweede toekenning vir beste aktrise in ‘n ondersteunende rol by die 2021 African Movie Academy Awards (AMAA’s) in Lagos ingepalm, waar die rolprent in sewe kategorieë benoem is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie