Foto Tanja Bause
Foto Tanja Bause

Harry Riegel se boks vol truuks

Iréne-Mari van der Walt
Die kulkunstenaar Harry Riegel het kragte met die koerante Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung saamgespan om ’n indrukwekkende toertjie aan die einde van die Three Magicians se magiese vertoning “Magic Words – Zauberworte” uit te voer.

Drie wêreldbekende kulkunstenaars Gaston Florin, Janis von dem Borne en Riegel bring hul vertoning vandeesmaand na Namibiese verhoë danksy ’n inisiatief deur die Duitse ambassade en die Goethe-Instituut.

Riegel het dié drie koerante se hoofberigte vir Vrydag 24 Maart voorspel en dit op ’n papier neergeskryf. Een van Republikein se joernaliste, Iréne-Mari van der Walt, het die papier onderteken.

Die papier is in ’n glasbottel geplaas en met kerswas en plakkers geseël voor die bottel in die boks geplaas is. Van der Walt het ook die plakkers geteken waarmee die boks en bottel geseël is.

Nie een van die drie koerante se redaksielede weet wat Riegel se voorspellings is nie.

“Niemand op die redaksies mag weet nie. Die menslike psige het ’n manier om dinge te laat gebeur as dit reeds die antwoord ken,’ het Riegel gesê.

Die voorspellings sal op 24 Maart by die Three Magicians se eerste vertoning by die Nasionale Teater van Namibië onthul word. Tot dan is die Three Magicians op toer deur Namibië.

Vir meer inligting besoek www.threemagicians.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!