Hollywood kom Baai toe

Multimiljoendollar-kampus
'n Betekenisvolle komponent vir die opleiding van Namibiërs in die rolprentbedryf is deel van die visie.
Henriette Lamprecht
’n Wêreldklas, omgewingsvriendelike rolprent- en televisiekampus waarvan die deure amptelik aanstaande jaar sal oopswaai, gaan in Walvisbaai verrys.

Walvis Bay Motion Picture Studios sal onder meer vier klankateljees, ’n reuse-agterplaas en 15 000 palmbome op die perseel hê.

Die drie eienaars en aandeelhouers van die reuseprojek is absoluut die room van die bedryf. Namibië word verteenwoordig deur Guy Nockles, uitvoerende hoof van Namib Films wat in 2000 in die lewe geroep is en sedertdien by meer as 345 produksies betrokke was.

Van die Hollywood-produksies waarin Nockles en Namib Films se werk te sien was, sluit in Flight of the Phoenix, Gallowwalker, 10 000 BC, die Transformers-flieks asook ’n hele paar Bollywood-treffers.

Die tweede vennoot, Greg Williams, uitvoerende hoof van Anton Communications in Kanada, het ’n bydrae gelewer tot verskeie internasionale produksies en sommige van Kanada se grootste televisieprogramme, insluitend Snow Day, Mean Girls, How to Lose a Guy in 10 Days en Pacific Rim.

James M. Russell, vennoot in MANKS Motion Picture Studios in Kanada, is die derde vennoot. Hy is bekend as draaiboekskrywer, vervaardiger en regisseur.

Russell het per e-pos gesê die oomblik wanneer die harde kopieë van briewe van ondersteuning van die Walvisbaaise stadsraad en die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling (NIPDB) ontvang word, sal die geleentheid aan 18 Kanadese mynmaatskappye met werksaamhede in Namibië die geleentheid gegee word om in die studio te belê.

Steun deur die munisipaliteit en die NIPDB is volgens Russell reeds mondelings verklaar.

“Ons sakevoorstel van 34 bladsye vra vir US$78 miljoen as aanvangsfinansiering,” het hy verduidelik.

Deel van die visie vir die studio’s is ’n groot opvoedkundige komponent vir die opleiding van Namibiese beroepslui in die rolprentbedryf. Ook diversiteit en insluiting wanneer personeel gehuur word insluitend mense wat met gestremdhede saamleef, is deur Russell beloof.

Die studio’s sal vier “massiewe” klankverhoë, kantore, raadsale, dagsorg, ’n woonkompleks, sowel as ’n versorgingseenheid vir afgetrede rolprent- en televisiepraktisyns insluit. Dit alles op ’n kampus wat op 130 hektaar gehuisves word.

Hy het ’n “spesiale voorliefde vir julle mooi land”, sê Russell.

“Dit is gebaseer op die stories wat deur ons ouma se ma en haar ma aan my en my suster oorgedra is. Ons glo ons voorvaders was eens Bantu van die streek wat nou as Namibië bekend is.”

Volgens Russell het die Walvisbaai-munisipaliteit ’n keuse van drie verskillende erwe voorgestel oor waar die studio’s opgerig gaan word. Die hoop is dat teen November vanjaar met konstruksie begin kan word.

Opspraakwekkende name wat ook op die studio se Facebook-blad genoem word by ’n plasing oor die beplande multimiljoendollarprojek, sluit in die wêreldbekende vervaardiger, regisseur, akteur, skrywer en filantroop Tyler Perry, asook die Oprah Winfrey Network wat geen bekendstelling nodig het nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!