Ixa soek jou liedjies
As jy ’n liedjie het wat in jou kop draal en wat jy met die wêreld wil deel, gryp dadelik ’n pen en papier en skryf dit neer!
Die bekende plaaslike Afrikaanse kletsrymer Ixa vra alle aspirant-liedjieskrywers in die land om vir die ATKV-Crescendo-ontwikkelingsprojek vir musiektalent in te skryf.
Ixa wat ook die ambassadeur en talentsoeker vir ATKV-Crescendo Namibië is, het in ’n onderhoud verduidelik die inisiatief is nie ’n kompetisie nie, maar ’n ontwikkelingskursus wat gemik is op die groei van ontluikende liedjieskrywers en musikante.
“Tans is die proses oop vir aansoeke van belangstellende liedjieskrywers en musikante wat teen ’n fooi van N$50 via die webtuiste www.crescendo.org.za kan inskryf. Rol af en kliek op ‘Namibiese registrasievorm’. Die sluitingsdatum is Sondag 29 September,” verduidelik Ixa. Aansoekers staan ’n kans om slypskole in Oktober by te woon met die moontlikheid om gekies te word vir ’n intensiewe slypskool in 2025 in Suid-Afrika.
Ixa het die belangrikheid van die geleentheid vir aspirant-liedjieskrywers beklemtoon, juis omdat soortgelyke platforms in Namibië baie skaars is.
“Op die ou einde word 20 liedjieskrywers van onderskeidelik Windhoek en Walvisbaai gekies. Uit diè 20 sal drie na Kaapstad gevlieg word vir ’n weeklange slypskool wat op die musiekbedryf sal fokus. Alle uitgawes word gedek, al wat jy nodig het, is jou paspoort,” sê Ixa.
Buiten vir die slypskool sal ATKV-Crescendo geleenthede aan die kunstenaars bied om by klein venues in Kaapstad op te tree.
Maar nog is den einde niet!
“Tien finaliste sal gekies word om ’n meer uitgebreide ontwikkelingsprogram volgende jaar by te woon en ook prysgeld te wen om hul loopbane af te skop.”
ATKV-Crescendo bied reeds vir meer as 40 jaar aan aspirant-liedjieskrywers die geleentheid om hul talent in Suid-Afrika te slyp.
Nou het Namibiërs ook ’n unieke geleentheid om deel van die gesogte program te wees wat ’n musikale reis en droom ’n reusehupstoot kan gee. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie