Jannie Moolman en Helenè Bester sing oor Namib-natuurskoon
Netwerk24 - Die Suid-Afrikaanse sangers Jannie Moolman en Helenè Bester gaan drie duette saamsing en in die eerste, wat pas uitgereik is, sing hulle oor die hoop wat die natuurskoon bring.
“Nag in die Namib” is ’n moderne Afrikaanse folk-liedjie oor die skoonheid van die Namibwoestyn en hoe ’n mens in dié omgewing weer eens bewus word van God se grootsheid, sê die twee kunstenaars in ’n verklaring.
Moolman het die liedjie saam met die kunstenaar Dewald Gouws geskryf.
“Ons het die liedjie gedurende grendeltyd geskryf. Dit is gegrond op ’n gediggie wat ek in die negentigerjare by oom Arend in Windhoek gekry het,” vertel Moolman.
“Ek het dit nog al die jare by my gehou en myself belowe dat ek nog eendag ’n liedjie daarvan gaan maak. Nou het ons dit uiteindelik gedoen.”
Die liedjie bied ’n boodskap van hoop en beklemtoon die verhouding tussen mens en natuur.
“Ons stemme klink goed saam en die liedjie is positief en opbouend. Iets nuut en uniek in Afrikaans,” sê Bester.
Hoewel die twee mekaar ’n geruime tyd al ken, het hulle besluit om saam te werk ná ’n voorstel van Kobie Koen, eienaar van die platemaatskappy Vonk Musiek.
“Hy het gesê ons stemme pas mooi bymekaar en ek het toe ingestem om hierdie liedjie – wat Jannie na aan die hart lê – saam met hom op te neem,” sê Bester.
“Nag in die Namib” is op alle groot musiekstromingsplatforms uitgereik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie