Japannese rolprentfees in Windhoek
Die Japannese ambassade in Namibië, in samewerking met die Japan Foundation, bied vanaf 12 Oktober die vyfde Japannese Rolprentfees aan, met ‘n film wat elke Woensdag van Oktober en die eerste Woensdag van November by die Ster Kinekor-rolprentteater in Maerua Mall vertoon sal word.
Ná die rolprentfees die afgelope paar jaar suksesvol aangebied is, sal ’n nuwe stel van vier verskillende flieks wat wissel van kosdrama, romantiese komedie en stop-aksie-animasie vanjaar vertoon word om fliekaanhangers te vermaak.
Terwyl toegang gratis is, sal kaartjies vanaf 17:00 by die teater beskikbaar wees, met die flieks wat om 18:00 begin.
Die volgende rolprente sal vertoon word:
• 12 Oktober: Show me the way to the station (drama); 125 minute
• 19 Oktober: Takeshi Yashiro (stop-aksie animasie); 107 minute
• 26 Oktober: Restaurant from the sky (kosdrama); 126 minute
• 2 November: Only the cat knows (romantiese komedie); 104 minute
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie