Jazzgenot in die hoofstad
Jazzliefhebbers kan solank die datum 25 Augustus op hulle kalenders merk.
Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) het vanjaar hande gevat met Pegs Music Project en Desert Radio om FNCC Jazz Night met die kunstenaars Mandla Mlangeni en Big Ben in die hoofstad aan te bied.
Pegs is ’n platform wat hom toespits op die bevordering van Suid-Afrikaanse jazzkunstenaars en, deur hulle, die unieke en oorspronklike stem van Suid-Afrikaanse jazz.
DIE KUNSTENAARS
Mandla Mlangeni is ’n trompetspeler, komponis en orkesleier wat erken is as Standard Bank se Jong Jazzkunstenaar van die Jaar, een van Suid-Afrika se hoogste musiektoekennings.
Big Ben is ’n plaaslike sanger, liedjieskrywer en orkesleier. Sedert hy in 2001 op die musiektoneel verskyn het, het hierdie veelbekroonde kunstenaar gehore oraloor die wêreld betower en sy melodieuse merk in Suid-Afrika, Angola, Kanada en Duitsland gelaat.
Die konsert begin om 19:00 by die Nasionale Teater (NTN). Kaartjies is vooraf aanlyn beskikbaar via Webtickets, of by die deur die aand van die konsert. Gaste word versoek om semiformeel aan te trek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie