Jazzklanke in Parys ... in Windhoek
ED Performing Arts se musiekakademie en die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bied op 25 Februarie die Jazz in Paris-konsert in die hoofstad aan. Dié konsert sal van die ontluikende talent in die bedryf in die kollig plaas, met sangers van die musiekskool wat klassieke jazz- en Franse liedjies sal uitvoer. Imms Nicolau en Emily Dangwa, die stigter van ED Performing Arts, sal as spesiale gaskunstenaars optree. Jazz in Paris sal jou op 'n reis deur die geskiedenis van jazz- en Franse kultuur neem - met 'n romantiese musiekkinkel. Die konsert begin die Saterdagaand om 19:00 in die Nasionale Teater. Vir kaartjies en inligting, kontak 081 335 6624.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie