Samuel Nel is die enigste Namibiër wat ’n suksesvolle oudisie afgelê het om aan die Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie in Suid-Afrika deel te neem. Foto verskaf
Samuel Nel is die enigste Namibiër wat ’n suksesvolle oudisie afgelê het om aan die Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie in Suid-Afrika deel te neem. Foto verskaf

Jong Namibiese pianis wys sy slag

Die jong Samuel Nel is die enigste Namibiër wat ’n suksesvolle oudisie afgelê het om aan die Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie in Suid-Afrika deel te neem.

Die jong pianis sal vanaf 23 tot 30 September in Kaapstad teen 32 ander musici om die louere meeding.

Die kompetisie is tans die enigste van sy soort in Suid-Afrika en bied ’n unieke geleentheid vir kinders van 13 jaar en jonger om teen hul eweknieë van oraloor die land mee te ding. Verskeie vorige wenners van die kompetisie het nie net musiek op tersiêre vlak gaan studeer nie, maar het ook al selfs internasionaal bekroonde kunstenaars en opvoeders geword. By geleentheid het ander na die kompetisie as gerekende lede van die beoordeelaarspaneel teruggekeer.

Die streng program wat van deelnemers vereis word, verseker dat ’n hoë standaard gehandhaaf word, terwyl dit aan hulle ’n platform bied vanwaar hulle onskatbare prestasie-ervaring kan opdoen.

Die Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie word deur die Tygerberg-tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers (SASMT) gereël en aangebied. Prof. Hubert van der Spuy – voormalige voorsitter van die SASMT (Tygerberg-tak) en gesiene musiekopvoeder -– het die kompetisie geïnspireer. Die eerste kompetisie het in 1989 plaasgevind.

Die finale rondte op 30 September sal regstreeks op die Hubert van der Spuy National Music Competition se YouTube-kanaal uitgesaai word.

[email protected]

Kommentaar

Callie Opperman 2 Jaar Gelede 19 June 2022

Wie is Samuel se musiekonderwyser. Dis tog belangrik. Geen jong pianis kom op sy eie op daardie vlak nie.

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!