Jong pianis blink uit in SA
Die 12-jarige Namibiese pianis Samuel Nel van Walvisbaai het ‘n uitstekende vertoning by die Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie in Suid-Afrika gelewer.
Samuel het ‘n vyfde plek behaal onder net agt deelnemers wat tot die finale rondte van die kompetisie deurgedring het. Die top drie plekke gegaan aan Weiru Yan van KwaZulu-Natal, Eléna Monvoisin van die Wes-Kaap en Ziné Mostert van Gauteng. Dit ná drie strawwe uitdunrondes vir dié gesogte kompetisie wat in die Hugo Lambrechts-ouditorium in Parow, Kaapstad, plaasgevind het.
Die talentvolle jong musikante het gespeel voor ‘n gehoor wat vir die eerste keer sedert die uitbreking van die Covid-pandemie die voorreg gehad het om die beste van die beste persoonlik te sien optree.
Die glansgeleentheid is regstreeks vanaf die kompetisie se YouTube-kanaal gestroom en is deur plaaslike en internasionale ondersteuners geniet.
Vir die eerste plek het die 13-jarige pianis Weiru weggestap met ‘n kontantprys van N$28 200 saam met ‘n goue medalje en ‘n uitnodiging om as solis by die Hugo Lambrechts Concertofees in 2023 op te tree.
Samuel het saam met die ander kwalifiseerders in die finale rondte elk pryse ter waarde van N$2 200 gewen.
Vier-en-dertig jong musikante is gekies om aan die vier kwalifiserende rondtes deel te neem. Die kompetisie word in vier kategorieë aangebied, naamlik klavier; snaarinstrumente; houtblaasinstrumente; en koperblaas- en ander instrumente (klassieke kitaar, blokfluit en perkussie).
’ [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie