Jong sanger van Pretoria ‘leer’ Katy Perry Afrikaans praat

’n Afrikaanse seun van Pretoria het dit reggekry om die bekende sangeres Katy Perry ’n Afrikaanse sin te laat sê op die gewilde TV-program American Idol.

Die 16-jarige Stefan Benz, wat saam met sy gesin van Centurion na Amerika getrek het om sy droom-sangloopbaan na te jaag, het ’n “goue kaartjie” by Perry en die ander beoordelaars gekry vir sy weergawe van Brian McKnight se “One Last Cry” en is gekies om verder op die program te verskyn.

Die countrysanger Luke Bryan, ook een van die beoordelaars, wou by Stefan weet: “How do you say ‘you’re going to Hollywood’ in Afrikaans?”

Stefan het geantwoord: “Jy gaan Hollywood toe!” en Perry het dit byna foutloos agter hom in Afrikaans aangesê en haar arms in die lug gegooi.

Toe Stefan sê hy het Amerika toe getrek om sy droom na te jaag, het Perry opgemerk: “Hulle kom uit elke uithoek van die wêreld. Is die naam nou Wêreld Idol?”

Die ander beoordelaar wat Stefan goedgekeur het, was die bekende sanger Lionel Richie.

Stefan het op Instagram geskryf: “Ek het nooit gedink ek sal vir Katy Perry en Luke Bryan Afrikaans leer nie. Mal! Ek kan nie wag om hulle te wys wat ek kan doen nie.”

Mense op sosiale media het Stefan beskryf as ’n “jong Justin Timberlake” en gesê hy het “pure talent”.

Afrikaans is Groot het op Facebook gesê: “Die uiters talentvolle Stefan wat julle al op die Lexus Classics-verhoog gesien het, het na Amerika verhuis om sy droom as internasionale sanger na te streef, en kyk waar is hy nou!

“Geluk Stefan, ons is trots op jou en opgewonde saam met julle. Stefan hou Afrikaans groot!”

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-01-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 22° | 33° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 24° | 36° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 23° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 22° | 39° Aranos: 25° | 38° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 18° | 35° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 20° | 26° Durban: 20° | 28° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 24° #REF! #REF!