Jou naweekkalender
Die Windhoek Oktoberfest is vanjaar met mening terug en word vandag en môre by die SKW aangebied. Die fees sal weer eens ‘n verskeidenheid tradisionele Duitse speletjies en vermaak bied. Die Kirchdorfer, ‘n wêreldklas oorspronklike Oktoberfest-orkes uit Duitsland, en die spesiale gasorkes Jägermeister Brass Cartel sal vir vanjaar se musiek sorg. Die Schuhplattler-groep en ‘n groep plaaslike dansers sowel as Riaan Smit sal ook deur die loop van die naweek optree. Daar sal weer eens kos- en drankstalletjies wees om van te kies en keur, en die bierkroeg beloof om soos altyd ‘n hoogtepunt van die geleentheid te wees. Kaartjies is by Pick n Pay-winkels beskikbaar of kan aanlyn via Webtickets gekoop word.
Suid-Afrika se Karen Zoid tree vanaand by die MTC Dome in Swakopmund op en “plesierige Afrikaners” en rockaanhangers moet nie dié geleentheid misloop nie! Kaartjies is vooraf teen N$300 beskikbaar en teen N$400 by die deur. Aanhangers wat die sangeres agter die verhoog wil ontmoet, kan ‘n BBP-kaartjie teen N$800 koop, wat jou ook ‘n sitplek in die voorste ry sal waarborg. Kaartjies is aanlyn via Webtickets beskikbaar, asook by Pick n Pay-winkels en die MTC Dome se kaartjiekantoor.
Die Duitse ambassade en die ambassade van Brasilië bied vanaand vanaf 19:00 ‘n unieke aand van klassieke barokmusiek aan – ‘n musikale ervaring wat beloof om ‘n unieke een vir Namibiërs te wees. Die twee kunstenaars, Diego Leveric (luit) en Romes Jorge da Silva Junior (barokfluit), speel stukke wat wissel van Bach tot Brasiliaanse komposisies op oorspronklike barokinstrumente. Hulle sal ook verduidelik hoe hul instrumente werk en uitbrei oor die historiese agtergronde daarvan, alles in die atmosferiese omgewing van die Christuskirche. Toegang is gratis.
Die Sphinxblick opelug-rockfees vind weer hierdie naweek by dié gasteplaas buite Usakos plaas, met optredes deur plaaslike bands en kunstenaars soos Akkedis, Weissdorn, Echo Vision, Damn Right, Wicked World, Blinded by Thorns, Midnight Sun, As Night Fades, Desert Comet, Riaan Smit en vele meer! Maak gereed vir ‘n naweek van kamp, musiek en ‘n lekker atmosfeer. Vir meer inligting, kontak Holger Kleyenstüber by 081 127 0595 of [email protected].
Die Dunes-inkoopsentrum in Walvisbaai bied môre vanaf 10:00 ‘n braaikompetisie aan. Die inskrywingsfooi is N$200, en ‘n groot prys ter waarde van N$10 000 is op die spel! Cee-jay Jacobs sal sorg vir musiek met ‘n lekker braaidag-atmosfeer. Vir meer inligting, kontak Jenovive by 064 209 619.
Die teatervertoning Guts and Glory waarin Sven-Eric Müller en Lize Ehlers te sien sal wees, vind Sondag by die Brewer’s Market plaas en sal slegs toeganklik wees vir diegene wat vooraf kaartjies koop. Kaartjies kos N$100 en is beskikbaar via sven-eric.com of 081 810 0761.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie