Jou naweekkalender

Yandi Du Plessis
NOU AAN DIE GANG:

*The Source, ‘n solo-uitstalling deur Tity Kalala Tshilumba, kan tot 5 November by die Nasionale Kunsgalery (NAGN) besigtig word.

*New Beginnings, ‘n uitstalling deur kunsgraduandi van die Namibiese Kunstekollege (Cota) kan tot 5 November by die Nasionale Kunsgalery besigtig word.

*Ndako Nghipandulwa se eerste solo-uitstalling Just Because kan tot 5 November by The Project Room-galery besigtig word.

*Die jaarlikse Windhoek Christmas Village vind tot 5 November by Wanderers in Windhoek plaas. Vir enige navrae, stuur ‘n WhatsApp na 081 563 4431.

*Een geleentheid wat jy nie moet misloop as jy in die hoofstad is nie, is die jaarlikse Toerisme Ekspo wat tot Saterdag by die SKW-sportgronde aangebied word. Ekspogangers kan ’n groot verskeidenheid stalletjies besoek, ‘n jenewer- en bierproegeleentheid geniet en danspassies wys op die maat van musiek deur plaaslike en Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Big Ben, Nostalgie en Willem Botha. Dit is natuurlik ook jou kans om plaaslike en streektoerisme te ondersteun, Kaartjies is beskikbaar via eticket.my.na.

VRYDAG:

*Triple III, ‘n uitstalling met kunswerke deur Alpheus Mvula open om 18:00 by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) en kan tot 11 November besigtig word.

*Ballet Fantasies 2022, met uittreksels uit Clara en Die Neutekraker en ander balletstukke begin om 18:30 op die verhoog by die NPS Kulturaula in Swakopmund. Kaartjies is teen N$100 vir volwassenes en N$50 vir kinders by Die Muschel beskikbaar. ‘n Tweede vertoning vind môre plaas.

*JP Kotzé en Lin-Mari tree om 19:00 by The Wolfshack op. Kaartjies kos N$50.

*Die MTC Windhoekse modeweek begin om 19:00 by die Maerua-inkoopsentrum se P3-parkeerarea, waar verskeie plaaslike ontwerpers se werk op die loopplank sal pronk. Kaartjies is teen N$40 via webtickets.com.na beskikbaar.

SATERDAG

*Die immergewilde Windhoek Boeremark vind om 08:00 tot 13:00 by die skougronde plaas. Toegang kos N$5 en is gratis vir kinders onder 12 en pensioenarisse. Rig enige navrae aan [email protected] of 085 5551023.

*Plastilon se opwip-Kersmark word vanaf 09:00 tot 13:00 by Dieselstraat 14 in Windhoek aangebied.

*As deel van die Tsumeb Koperfees tree Ethnix, DJ Castro, One Blood en verskeie plaaslike kunstenaars vanaf 17:00 tot laat by die JP Radledge-stadion op. Kaartjies is vooraf teen N$30 en N$50 by die hekke beskikbaar. Kontak 081 493 7680 of 081 855 5942 vir meer inligting.

*Suid-Afrika se Wicked World tree vanaf 19:00 by Sound Garden in Swakopmund op.

*’n Lewendige skilderkunsvertoning begin om 18:30 by die Village Garden in Windhoek. Gewone kaartjies kos N$130 en BBP-kaartjies N$170 via webtickets.com.na.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!