Keramiekkuns met karakter
Uitstalling open op 7 September
Bowled Over, ’n groepuitstalling van keramiekwerk wat die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) in samewerking met die Bellhaus Atelier & Galerie aanbied, sal vanaf eerskomende Vrydag tot Saterdag 23 September by Bellhaus vertoon word.
Dié groepuitstaling word beskryf as ’n skitterende samesmelting van kuns en nutswerk.
“Bowled Over, met verskeie bakke in elke grootte, vorm en kleur, is PAN se jaarlikse tema-uitstalling, wat vanjaar die nederige bak herdefinieer as ’n onmiskenbare kunswerk en ’n manifestasie van ons land se gedeelde waardering vir die natuur,” lui ’n onlangse verklaring oor dié uitstalling.
Bowled Over is saamgestel deur Andrea Behnsen en die PAN-komitee en behels ’n verskeidenheid tegnieke en teksture – van geglasuurde tot handgeverfde houers. Van Annabelle Venter se keramiekdierfigure tot Martin Harris se organiese skakerings, en vele meer bakke tussenin – Bowled Over wys dat ’n eenvoudige, praktiese vakkuns eindelose, pragtige vorms kan aanneem.
“Bowled Over kan gedefinieer word as ’n onverwagse, aangename verrassing,” luidens Bellhaus se verklaring.
Die amptelike opening van die uitstalling vind eerskomende Donderdag om 18:00 vir 18:30 plaas.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie