Klankfees ten bate van kinders
Die Ladies Circle Swakopmund bied môreaand ’n Tunes for Tomorrow-konsert in Swakopmund aan.
Lin-Mari en JP, Sagarias Tsam, The Yesterdaye en Blikweg sal die verhoog by Sound Garden in dié kusdorp aan die brand sing.
Die Ladies Circle Swakopmund is ’n groep vroue tussen die ouderdomme van 18 en 45 wat verbonde is aan die internasionale Ladies Circle-organisasie.
“Ons probeer terugploeg in die gemeenskap, soos wanneer plasings op Facebook verskyn van mense wat hulp nodig het,” sê die voorsitter van die Ladies Circle Swakopmund, Christina Redman.
“Ek het gedink dit [’n konsert] sou meer pret wees as om muffins te bak en dit sal die jonger vroue in ons gemeenskap meer bewus maak van ons,” sê sy.
Daar sal ’n skenkingspunt, asook ’n gelukstrekking wees met pryse van onder meer Hashtah Hair en Bar Zonder Naam.
Die opbrengste van die konsert is ten bate van die Ladies Circle Swakopmund se Every Child Deserves a Fair Start-projek. Dié projek poog volgens Christina om kleuterskole in die informele nedersettings in die dorp te bevorder.
“Ons hoop om meer opvoedkundige speelgoed te koop en om te help met sanitasiekwessies, soos toilette, asook om kinders se slaapreëlings te vergemaklik. Ons weet die eerste drie jaar van ’n kind se lewe is baie belangrik,” sê sy.
Dié projek val onder die vaandel van die Ladies Circle Swakopmund se tema vir vanjaar “Die belangrikheid van vroeë kinderontwikkeling”.
“Gesonde ontwikkeling in die vroeë stadium van ’n kind se lewe (tot op drie jaar) verskaf die boustene vir opvoedkundige prestasie, ekonomiese produktiwiteit, verantwoordelike burgerskap, lewenslange gesondheid, sterk gemeenskappe en suksesvolle ouerskap vir die volgende generasie. Alle kinders moet dieselfde geleenthede hê om suksesvol in die lewe te wees ten spyte van hul sosiale status,” het die groep as deel van hul jaarlikse tema uiteengesit.
Die groep verskaf ook wol en breivoorraad aan ouetehuise in Swakopmund as deel van hul breisirkel, en hul Jars of Hope-projek verskaf koffieflesse met sopbestanddele aan minderbevoorregde mense, asook hul Kersspeelgoed-projek wat geskenke aan minstens 30 kinders oor Kerstyd uitdeel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie