Klassieke fees vir jongmense
Die Youth Orchestras of Namibia (Yona) en die Nasionale Teater (NTN) het hande gevat om ‘n Galakonsert op 15 en 16 Julie aan te bied as deel van die National Youth Strings Festival.
Dié fees, wat van 11 tot 16 Julie duur, bestaan uit daaglikse repetisies en loop uiteindelik uit op dié twee konserte by die NTN.
Die fees is ‘n eerste vir Yona en behels onder meer vertonings deur jong (junior en senior) violiste, altvioliste en tjelliste van oraloor die land wat genooi is om deel te neem. Die program sal uiteindelik items vir die koor en strykorkes produseer, wat bestaan uit ‘n kombinasie van klassieke repertorium en musiek deur Namibiese komponiste.
Die strykfees het ten doel om die standaard van dié musiekvorm in Namibië te verbeter, om die jeug van uiteenlopende agtergronde rondom ‘n gedeelde doelwit bymekaar te bring en om kulturele uitdrukking in ‘n plaaslike konteks te bevorder.
Dorothee Mariani wat in die Switserse stad Basel gebaseer is, sal die orkeste dirigeer en die tjelliste afrig. Mariani is die stigter en dirigent van Orchesterschule Insel, ‘n musiekskool wat op die gemarginaliseerde jeug fokus. Behalwe om die orkes te dirigeer, sal sy ook jong musikante mentor om hul opleidingsvaardighede te slyp.
Yona is ‘n organisasie met die visie om ’n katalisator vir sosiale verandering te wees deur musiek en die orkes. Een van sy doelwitte is om uit te reik na die streke van die land om jong musikante aan meer ontwikkelingsgeleenthede in die klassieke genre bloot te stel. Kinders en jongmense van Tsumeb, Otjikondo, Swakopmund, Walvisbaai en Windhoek sal aan die fees deelneem.
Yona beoog om ‘n jaarlikse Jeugorkesfees aan te bied, en om vanaf 2023 jaarliks ander instrumente te inkorporeer – soos blaasinstrumente en perkussie.
Die fees word ondersteun deur die geassosieerde raad van die Royal Schools of Music (ABRSM) - wat in die Verenigde Koninkryk gebaseer is - en geborg deur Gondwana Care Trust Namibia, B2 Gold Namibia, RMB Namibia en die NTN.
Die Galakonsert vind op 15 en 16 Julie om 19:00 plaas. Kaartjies kos N$200 vir volwassenes en N$ 100 vir diegene jonger as 18.
Kaartjies is vooraf via Webtickets en by Pick n Pay-winkels landswyd beskikbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie